Ouma ongelukkig oor tweeling se name

Argieffoto (Foto: Daniel Nebreda/Pixabay)

ʼn Pa het hom na sosiale media gewend toe sy ma haar ontsteltenis uitgespreek het oor haar kleinkinders se name.

Die man, van die Verenigde Koninkryk, se tweelingdogters is net voor die afsonderingsperiode gebore en hy het besluit om hul name ʼn geheim te hou totdat hy hul geboorte en geslag kon aankondig.

Hy het gesê die name wat hy gekies het, is “karakters waarvan hy baie hou” en “naby aan sy hart is”, maar ná hy die name onthul het, het sy familie laat weet hulle is beslis nie in hul skik nie.

Sy ma was glo “woedend” en het op haar Facebook-blad gesê die name “verteenwoordig nie die dogters nie” en hy “het sy klein engeltjies verdoem”. Toe baie mense met haar saamstem, het die man hom na Reddit gewend om te hoor of hy dalk verkeerd is.

“Die name is Azula (Avatar the Last Air Bender) en Eclipsa (Star vs the Forces of Evil),” het hy bekendgemaak. “My ma was woedend dat ek my dogters na twee boosdoeners vernoem het. Ek het gehoor my broer het haar vertel waar die name vandaan kom). Ek het vir haar gesê hul name definieer nie wie hulle is nie. Sy het nie reageer, nie, maar ek het op haar lang Facebook-plasing afgekom hoe ek my ‘klein engeltjies verdoem het’.”

Die familielede het almal met die ouma saamgestem en gesê “mense noem hul kinders vandag enigiets”.

“Ek het nie my kinders warmbrak of kaas genoem nie, so ek verstaan nie wat die probleem is nie,” het die man bygevoeg. “In elk geval, ek wou julle net laat weet my familie haat my.”

Sommige Reddit-gebruikers het bevestig die man het ʼn fout gemaak. “Jou kinders gaan hul lewens lank met daardie name moet saamleef. Hulle gaan dit moet spel, die uitspraak moet verduidelik en telkens die reaksie van verskillende mense moet hanteer.”

ʼn Ander persoon het egter gesê: “Ek dink nie Azula is so sleg nie. Dis ʼn regte naam en dit beteken blou en dit is uniek, maar nie vreemd nie. Maar Eclipsa? Dis nie eens ʼn regte naam nie.”

ʼn Ander persoon het gesê mens kan jou troeteldiere enigiets noem, maar as jy kinders se name kies, moet jy nie iets kies wat hulle gaan verneder of van ander gaan vervreem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Plaaskind ·

Dit is nie die Ouma se plek in te meng met die kinders se name nie. Genade tog. Ek hou ook nie van die name nie, maar dis nie my kinders nie, so laat dit wees.

Sonneblom23 ·

Dis soos wanneer groot ouers aandring dat n kind negentien toet se familie name moet dra, julle straf daai kind meer as wat hy of sy vir iemand hul nuwe moderne naam moet verduidelik. Die groot ouers het reeds hul kans gehad om hul kinders te vernoem, gun dit nou vir jul kinders!!

Chantel ·

Ag waar wil sy wees. Ek dink dit is baie uniek, Dis is tog sy keuse.

Riaan ·

My kinders is Brandy en Whiskey, altwee is honde. Gee darem nie jou kinders name van bad kararkters nie. Stem daar saam.

Magda ·

“Ouma” JY het jou beurt gehad – die name het absoluut niks met jou te doen nie, en is die ouers van die kleingoed se keuses. Hulle sal dt verander as hulle groot is en nie daarvan hou nie, maar dit is nie jou plek om name te gee of jy daarvan hou of nie.

Maya ·

Die tweetjies gaan in elk geval Clips of Zula genoem word soos die ou gewoonte om name af te kort! Hendrika word Drika, Hester word Hess, en as jy nou regtig fênsie wil wees word Anna Hendrina sommer Ann-rina. Meeste oumas en oupas hoop maar dat die kleinkinders hulle name sal “erf” maar o wee, dis sulke gewigtige name en geen plaas om te erf vir die opoffering nie!

Martie ·

Die ouma het haar kans gehad om ‘n naam vir ‘n kind te gee.
Dis die ouers se voorreg om hul kinders se name te kies

Gogga ·

Wel, wel, wel. Baie interessant… Nou nie juis name wat ek sou kies nie, maar ja, dis nie my keuse nie. Alhoewel my dogters heet Bernice, Cheslyn en Tristan. En hulle is mal oor hulle name (ja, hulle is al oud genoeg om te weet). Hulle reken my die ander dag: “Mamma, dit kon erger gewees het! Ek kon Susara Johanna Hendrika Berendina Christina gewees het!!!
Sjoe, gelukkig nie!!!! :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.