Oumagrootjie pak alligator wat ponie verorber

Burgemeester Judy B Cochran en haar vangs

Judy B Cochran, oumagrootjie en burgemeester van Livingston in Texas, het letterlik gemeenskapsveiligheid in haar eie hande geneem.

Die 73-jarige Cochran het Sondagaand ʼn 3,6 meter lange alligator van 263 kg met net een skoot doodgeskiet op haar landgoed in Goodrich, Texas. Dit is boonop dieselfde dam waar haar vyfjarige kleinseun, Simon Hughes, in 2009 ook ʼn alligator gepak het.

Die betrokke reptiel is bekend aan die familie, het sy verduidelik. “Ons vermoed dit is die alligator wat ʼn paar jaar gelede een van ons miniatuurperde gevreet het. So groot soos wat dié alligator is, sou hy hom maklik kon vreet,” het sy aan plaaslike media gesê. “Die alligators pla ons nie gewoonlik nie, maar ons het al lankal ʼn ogie op dié een.”

As ʼn verkose beampte wou Cochrand seker maak die publiek weet dat dit ʼn veilige, etiese jagtog was. “Daar is baie vereistes om ʼn alligator in Polk County dood te maak. Ons is een van 12 distrikte wat ʼn jagseisoen vir alligators het – tussen 10 September en 30 September. Jy moet ʼn permit hê en jy moet dit eers met ʼn haak vang. Jy kan nie net op ʼn plaas opdaag en ʼn alligator jag nie.”

Hanteerders het die alligator Sondagaand met ʼn wasbeer aan ʼn haak gevang en Cochran laat weet dat sy die skoot kan vuur.

Cochran weet reeds wat met die alligator gaan gebeur: “Moye Taxidermy sal hom prosesseer, ons sal die vleis eet, die kop sal uitgestal word en die gerifde deel van die stert sal in my kantoor uitgestal wees. Ons sal ook die leer brei om stewels daarvan te maak – mens kan slegs stewels van die pensgedeelte maak.”

Sy sal genoeg materiaal vir ʼn paar stelle stewels hê.

Cochran sê dit is ʼn opwindende tyd vir haar en haar familie. Sy het Vrydag ʼn oumagrootjie geword en is in Mei as burgemeester verkies. En nou het sy boonop ʼn 3.6 meter lange alligator as ʼn jagtrofee.

Haar kleinkinders noem haar Nana en hulle het ʼn waarskuwing: “Moenie met Nana mors nie!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos ·

Amerikaners het so baie te sê oor Suid Afrika se sg. geblikte leeujagte !?!?

Nou hoeveel erger is hierdie alligator jag waar die reptiel reeds gehak is en geen wegkom kans hoegenaamd het nie??????

Is dit moontlik ‘n “already canned hunt” ?

Oop oge ·

Dit bewys net weer die verwronge emosionele mindset van mense…
Die animal huggers sou eintlik wou gehad het die krokkie moes na `n anner dam verplaas word en uiteindelik daar vrek, soos wat hulle redeneer met “geblikte leeus” en anner (ag foeitog) diere ….

Griki ·

Ek hoop daai arme wasbeer is nie doodgemaak om die alligator te vang nie. Koos, Dit is ‘n vereiste in Polk Country dat dit eers met ‘n haak gevang moet word voordat jy mag skiet. Hy was ook nie op hok gehou om te skiet sodat sy bene na China uitgevoer kan word nie. Dit was ‘n probleemdier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.