Oumas en oupas kan langer leef as hulle kinders oppas

Argieffoto (Foto: sylviebliss, Pixabay)

Begin solank ʼn aandjie uit beplan – want daar is dalk ʼn paar oupas en oumas wat in die ry sal staan om kinders op te pas – en jy het dit alles te danke aan die wetenskap!

ʼn Studie wat in Evolution and Human Behavior gepubliseer is, het bevind dat grootouers, wat soms na hul kleinkinders omsien, beduidend langer leef. Die navorsers het 20 jaar se data geanaliseer uit ʼn studie met 500 senior burgers wat ouer is as 70.

Die navorsers het bevind dat grootouers, wat ook soms vir hul kleinkinders sorg, ʼn laer risiko staan om oor ʼn 20 jaar periode te sterf, eerder as diegene wat nie aanbied om die kleinkinders soms op te pas nie.

Grootouers, wat die primêre versorgers is van hul kleinkinders, is nie by die navorsing ingesluit nie.

Grootouers wat soms kinders oppas het ʼn 37% laer sterfterisiko as die grootouers wat nie kinders oppas nie. Dit hoef nie noodwendig die grootouers te wees nie – dit kan enige ouer volwassene wees wat soms na die kinders omsien.

Wetenskaplikes probeer steeds bepaal waarom dit só is. Dis moontlik dat dit die persone aktief hou deur agter die kleinspan aan te hardloop of huiswerk te doen. Dr. Ronan Factora, wat in bejaarde verpleging spesialiseer, meen dit hou spesifiek verband met ʼn verlaagde stresvlak. “Daar is ʼn verbintenis tussen versorging en laer stresvlakke – en ons almal weet wat die verhouding is tussen stres en ʼn hoër risiko om te sterf,” het sy op die Cleveland Clinic se webwerf geskryf. “As mens inderdaad stres kan verminder deur na kleinkinders of iemand anders om te sien, moet hierdie aktiwiteite voordelig wees vir grootouers.”

Dit beteken egter nie dat jy jou kinders elke dag in jou ouers se sorg moet laat nie. Dr. Factora maan dat die verantwoordelikheid van versorging vir ouer mense oorweldigend kan wees.

Maar die wetenskap lieg nie – stuur gerus dié artikel vir die oumas en oupas en beplan daai aandjie uit!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Elize Veldhuyzen van Zanten ·

Dan word ek lag-lag 100+ met ‘n lied in my hart! Dit is dié wonderlikste voorreg ooit om jou kleinkind(ers) te kan help versorg.

ChrisE ·

Elize, ja wat, as die wetenskap reg is gaan ek oor die honderd jaar oud word. Die kleinseuns het nie respekte vir ouderdom en senioriteit nie. Ek moet alles saam doen wat my aan die gang hou.

Elma ·

Wat ‘n voorreg om kleinkinders te he, net jammer dat dit dikwels gebeur (soos in my geval) dat jy as ouma nie toegelaat word om die kleingoed te sien of met hulle kontak te he nie

Afgeskeepte Ouma ·

My hart gaan uit na jou Elma. Moenie alleen voel nie. Ons enigste kleinkind bly ‘n klipgooi van ons af en ons sien haar bitter min. Sou wat wou gee vir die voorreg om meer tyd met haar te kon deurbring.

Sarel Strydom ·

Ek en my vrou woon by kinders in “Grannyflat” Kleiseun was geboellie by Na Skool Sentrum en dus toe besluit om sy versorging oor te neem . Die gevolg Oupa doen net so hart Huiswerk en leer net so hart vir die eksamens.

Marita Lourens ·

Kleinkinders is God se geskenk en gawe aan elke ouma en oupa. Deur hulle deel te maak van jou daaglikse lewe is n manier om terug te gryp na die tyd toe jou eie kinders nog in jou huis was. Hulle laat jou lag, bid, geniet en weer na die lewe kyk deur die oë van ‘n kind. Dankie vir my kleinkinders.

Stefaans ·

Ek geniet dit om hulle lekker stout te maak – dit is al manier om my kinders terug te kry vir al hulle streke toe hulle klein was!

Piet Pompies ·

Agv onvoorsiene omstandighede bly ons kleinkind van geboorte by ons, die mannetjie word hierdie jaar 6. Hy is baie lief vir sy ouers en andersom, sy ouers kuier gereeld en hy gaan kuier ook gereeld.
Wat ‘n plesier om ‘n soldaat in die huis te hê, hy hou ons besig en verg heelwat aandag, baie vraag lustig, kyk somtyds saam ouma sepies, werk saam oupa buite. Hy luister graag na stories en ons het baie om te vertel.
Hierdie stukkie mens is ‘n seen vir ons.

Wilma Theron ·

My kleinseun Bjorn van der Schyf se naweek oorslaap is my stress teenvoeter.
Wonderlike voorreg … Hy is opreg, pret, onskuldig, leergoerig, nuuskierig, het ‘n fyn sin van humor en onvoorwaardelik lief vir Ouma ?

Gelukkige ouer ·

Ons kinders is baie bevoorregd om oupas en oumas te he wat graag tyd met hulle spandeer. Daar is ook baie oupas en oumas wat nie belangstel daar buite nie. Ek dank Vader elke dag vir my wonderlike ouers en skoon ouers en sal graag help om hul lewens jare te verleng.

Hartseer ·

Ek wens so ek het n vooreg gehad dat my kinders in julle kleinkinders se skoene kon wees. My ma hulle bly in Wes Kaap se kant toe, so dis moeilik, alhoewel my 2tjies baie lief is vir hulle ouma en oupa, al sien hulle mekaar net 1 keer n jaar, aan die anderkant het hulle nog n ouma, wat by ons woon in haar woonstelletjie, maar so min omgee en liefde vir haar kleinkinders, dit breuk eintlik mens se hart.

Jacques Venter ·

Met “navorsing”, word die oorsaak gevolg soms verwar en soms omgekeer.
Kyk gesonder grootouers meer dikwels na hulle kleinkinders as swakker grootouers?

Of
Is grootouers wat na hulle kleinkinders kyk meer gesond agv die blootstelling?
Dit kan n interessante debat afgee.

Izak ·

Ek sal wil glo die navorsing is korrek. My oorlede skoonma het na my skoonpa oorlede is by ouetehuis gaan werk en na 6 maande was sy swak en sieklik. Kry toe pos by skoolkoshuis. Dit verandering in haar gesondheid het dramaties verbeter. Skielik was sy weer haar ou self, vol lewenslus.

Adri Erasmus ·

Ek is n 62 jarige ouma. My kleinkind is 6 jaar oud. Hy is outisties. Ek gaan haal hom na skool. Wat n vreugde om hom in ons lewe te he. Leer hom fietsry en ouma bederf sommer baie. Hy is baie lief vir teken en verf en hou vir ouma aan die gang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.