‘Pa, hoe maak mens?’-video’s uiters gewild

Skermgreep van Rob Kenney se kanaal

Rob Kenney, in sy 50’s, het byna ʼn jaar gelede ʼn YouTube-kanaal begin, genaamd “Dad, How Do I?”.

Dié kanaal bied basiese lesse wat gewoonlik van ʼn pa na ʼn seun oorgedra word, soos hoe om jou baard te skeer, ʼn das te knoop, ʼn hemp te stryk, jou motor se bande na te gaan, ʼn knyptang en ander gereedskap te gebruik en selfs hoe om vuur te maak, ʼn bankie te bou of ʼn rakkie teen ʼn muur op te sit.

Meer as 3,83 miljoen mense is reeds op Kenney se kanaal ingeteken, gereed om meer te leer by dié handige pa.

Kenney het gesê hy het die kanaal begin om lewenslesse oor te dra wat hy nooit by sy eie pa geleer het nie, omdat sy pa hul gesin verlaat het toe hy nog ʼn klein seuntjie was.

Die reaksie was oorweldigend. Mense het sy heilsame inhoud geloof en verduidelik hoe groot hul eie behoefte was aan dié tipe inligting, omdat hulle self sonder pa’s grootgeword het.

Kenney is die pa van twee volwasse kinders en woon buite Seattle in die VSA. Hy het aanvanklik die YouTube-video’s begin maak toe sy 27-jarige dogter hom talle kere gebel het met vrae.

Klik hier om sy kanaal te besoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Wat ‘n fantasiese man. Sodoende help hy kinders wat sonder pa’ s groot moet word, en ook die wie se pa’s (en ma’s) ook maar clueless is, want dit het mos te maklik geword vir ons om iemand te kry om die werk te kom doen.

Ou Baardbek ·

Dít is nou die waarheid hoor!! Ons mense het te lui en gemaklik geword om self te werk, want MAMMON maak mos alles reg sien?? :-((

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.