‘Pa’ in hulle WhatsApp-groep is toe eintlik ʼn vreemdeling

Hopkins en sy regte gesin (Foto: Jonno Hopkins/Twitter)

Die Twitter-gebruiker Jonno Hopkins het Twitter-gebruikers laat lag toe hy ná ses maande ontdek het ʼn vreemdeling is verkeerdelik as sy pa bygevoeg in hul gesins-WhatsApp-groep.

Hopkins, ʼn vryskut-kopieskrywer, het gesê sy (regte) pa het hom gereeld gebel oor dinge wat reeds op die WhatsApp-groep bespreek is. “En ek sou vir hom sê, ‘Pa is in die WhatsApp-groep, Pa lees tog die boodskappe?’. En wanneer hy verbaas is, het ek gedink dis maar net omdat hy oud is.”

Toe die groep geskep is, het hy ene “Peter” (sy pa se naam) op die groep bygevoeg, in plaas van die persoon wie hy in sy kontaklys as “Pa” gestoor het. Hy het dit nie besef nie en sê “dit kon waarskynlik jare lank voortgegaan het” as sy sussie hom nie gevra het om hul pa ook by die groep te voeg nie. “Dis toe dat ek besef dis nie my pa se nommer nie!”

Die man wat hy al ses maande lank “Pa” noem, is eintlik ʼn loodgieter genaamd Peter wat hom in Desember 2013 gehelp het om sy wasmasjien te herstel.

Hopkins sê hy is nie seker hoe hy nie raakgesien het fop-pa Peter het ʼn kontrakteurslogo as profielfoto nie (Foto: Jonno Hopkins/Twitter)

“Ek vermoed ná ʼn ruk het daar te ʼn lang tyd vir fop-pa Peter verloop om ons te laat weet ons het die verkeerde Peter beet, en hy het maar net sy rol as ons nuwe pa aanvaar.”

In reaksie op sy gewilde Twitter-plasing het hy gesê hy het nooit sy “pa” se stilte op die groep as vreemd beskou nie, “want hy was nog nooit ʼn kletskamer-persoon nie”.

Dit was ook nie vreemd dat fop-pa Peter nie iets tydens Kersfees of met verjaarsdae gesê het nie, want Hopkins sê hulle bel mekaar gewoonlik op dié dae.

Dit het alles skielik vir Peter die loodgieter geëindig, want ná ses maande se lojaliteit, is hy uit die groep geskop toe Hopkins sy fout agtergekom het.

Een Twitter-gebruiker het geskerts en gesê iewers is daar ʼn Twitter-gesprek van ʼn loodgieter genaamd Peter wat vertel van ʼn gesinsgroep waarvan hy deel is, maar dit is te ongemaklik om hulle te laat weet hy is nie hulle regte pa nie.

Hopkins het ook laat weet hy is nie van voornemens om fop-pa Peter te kontak nie, want toe hy die wasmasjien herstel het, het hy klere gebleik wat in die wasdrom was.

Op ʼn vraag of Hopkins die storie “opgemaak” het, het hy gesê hy wens hy het ʼn groot genoeg verbeelding gehad om só iets dom uit te dink. “En as ek lees hoe iets só dom ander mense vermaak het, en hoe soortgelyke goed al met ander gebeur het, is ek baie bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ES ·

Was dit nie Margaret van Schweizer-Reneke nie? Jis ek onthou dit… daai arme mense moes seker van dorp verhuis! En hulle dogter was in matriek daai jaar. Praat van emosionele skade vir die res van jou lewe.

Hester Wilhelmina ·

Hulle is intussen geskei. Eintlik tragies geëindig..

SwartBees ·

“Het Chris al gery?” Bwhaaaahahaha…

Here we go again.

Cecilia ·

Darm nie kaal foto’s v julle soos n paar jaar trug op d Skool Hokkie groep nie. lol.

Hester Wilhelmina ·

As ek na my broer se vrae oor ONS familie luister, wonder ek nou of dieselfde nie ook met ons gebeur het nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.