Disney World word “die wonderlikste plek op Aarde” genoem en ʼn pa van Connecticut het dit ekstra spesiaal vir sy sesjarige dogtertjie gemaak.
Justin Gigliello en sy gesin was met vakansie en het die park besoek toe Lyla verby ʼn pianis gestap en met haar pa begin dans het. “Hy het die liedjie klaargemaak en sy het gesê, ‘my pa speel ook klavier’. Ek het verduidelik ek sing eerder graag.”
Op versoek van Lyla en met die begeleiding van die Grand Floridian-pianis het Gigliello “Ave Maria” begin sing. Sy stem het in die vertrek weergalm.
“Ek hou baie van daardie liedjie,” het Lyla gesê. “Hy het hard gesing en byna almal het ʼn video van hom geneem.”
Gigliello se vrou Lauren het die oomblik op video vasgevang. Sy het gesê pa en dogter is onafskeidbaar. “As ek wakker word en ek hoor hom nie, sal ek haar hoor.” Sy sê Lyla vra haar pa elke aand om haar aan die slaap te sing.
Gigliello en Lauren het ʼn korttermynversekeringsmaatskappy, maar hy is ʼn vrywilliger by North Stonington se brandweer. Hy gee ook sang- en klavierlesse.
Hy het die video op sosiale media gedeel en dit is reeds byna 900 000 keer op Facebook gekyk en meer as 220 000 keer op Twitter.
Hi all,
I just wanted to share this video for a Disney experience! We just went to disney world last week and my daughter asked the pianist at the Grand Floridian if I could sing while he played. This is me singing Ave Maria at Grand Floridian. I hope you enjoy! pic.twitter.com/GCJsG11lac
— Justin Gigliello (@JGigliello) March 24, 2019
Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.
wow iets baie besonders en so mooi .
Sjoe, dis nou ‘n mooi oomblik tussen pa en dogter. Kyk hoe trippel sy van opgewondenheid.
Wow
Baie spesiaal. Sy sal dit vir altyd onthou.
So wonderlik om goeie pa’s te sien!
Die wêreld het goeie ouers nodig!
As elke liewe kind op hierdie aarde, goeie, toegewyde, liefdevolle…(en streng), ouers het, sal die ou wêreld ‘n volmaakte plek wees!!!❤️
Dankie MM, vir bietjie positiewiteit…
Die Vader weet… ons kan doen daarmee!?
Beautiful!!!!!!!!!
Koue rillings oor die idee en hoe ontsettend mooi dit is!
Hy mag maar sing.