Pa ‘verslaan’ ná 16 uur van ma wees

Brad Kearns saam met klein Finn. Foto: Facebook

Brad Kearns saam met klein Finn. Foto: Facebook

ʼn 27-jarige pa van Australië moes noodgedwonge ook ma wees vir sy twee jong seuns nadat sy vrou in die hospitaal opgeneem is.

Brad Kearns het ʼn Facebook-inskrywing gemaak oor die “moeilike ure” wat gevolg het nadat sy vrou, Sarah, in die hospitaal opgeneem is en hy huis toe moes haas om na hul twee seuns, Knox (2) en die ses weke oue Finn, om te sien. Sy inskrywing het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

“Vandag moes ek die ma wees. Jy weet wanneer jou vrou altyd sê ‘ek wens ek kon die pa wees’ en jy sê ‘dis dieselfde’.” Volgens Kearns het hy egter sowat 16 uur later besef hy is verslaan.

Kearns beskryf onder meer in die Facebook-inskrywing hoe die huis ʼn deurmekaarspul was, hy vir Knox ʼn DVD moes opsit hoewel die tweejarige nog nie behoorlik kan kommunikeer nie, klein Finn gevoed mos word en albei seuns in die bed moes kom.

“Ek kry dit reg om vir Knox stil te hou deur hom toe te laat om plakkers op my baie harige bene te plak. Ek het gedink dis oukei, ek sal my beenhare môreoggend afskeer, moet asseblief net nie vir Finn wakker maak nie.”

Finn was egter deur die loop van die aand verskeie kere wakker – 22:00, 24:00, 01:45 en 03:30. “Ek was so opgewonde om te weet die neiging sou 05:00 voortduur net om te besef dit was eintlik die begin van ʼn nuwe dag. Het jy geweet ʼn gebrek aan slaap is ʼn vorm van marteling?”

Volgens Kearns het hy geweet hy het tweede gekom toe sy skoonma by die voordeur opdaag. “Dit was ná 16 uur van ma wees en ek het misluk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

karin ·

Hoekom is dit nuus???? Regtig dit is net n man wat geen bebul het wat sy vrou doen nie. Was self n rukkie terug in hospitaal het 3 kinders van 2. 4 en 12 en my man het 3dae oorleef. Huis was skoon kinders was versorg geen probleme of klagtes. . Sê daai arme vrou moet eerder vir haar n Suid Afrikaanse BOER SEUN kom kry… Want daai man moet eerder gaan vir n facial. … Shame…. regtig Maroela het jul niks beter om in die nuus te sit nie????

Heleen ·

Karin, om so saam met die slegte nuus iets soos bogenoemde te lees, plaas weer ‘n glimlag op my gesig. Relax net ‘n bietjie.

Griki ·

Dit is die gevolg van die patriargale stelsel en ma’s wat hulle seuntjies bederf. Nogtans moet ek my hoed vir die ou afhaal – dit kos moed om te erken dat jy nie so goed soos jou vrou is nie.

Ann ·

Daar is deesdae pa’s wat beter is as ma’s, want sommige ma’s gee nie om wát van hulle kinders word nie.
Om terug te kom na die berig, ek dink elke pa wat dink ñ ma is “magic”, moet vir 24uur in haar skoene staan. Hy sal vinnig sy wysie verander.

Hennie ·

Ag fooitog dis die eerste man op aarde wie na sy kinders moes omsien toe sy vrou hospitaal toe is!

Dave ·

Ag shame. Ek het my kinders alleen groot gemaak deur Hoerskool en universiteit. Mans kan alles is die huis doen as jy moet so moenie klomp bollie praat dan mans nie alleen kan reg kom nie

Johann Marx ·

Wel jy het een ding mooi bewys: Jy moes nooit eintlik ‘n pa gewees het nie, moes jy?

Johanné ·

Johann Marx, ek sal graag bietjie ‘n geselsie met jou vrou wil hê om te hoor of jy dan so perfekte pa is… Sal nogal interessant wees. En mense, ons lees net heeltyd van plaasmoorde en kattebakmoorde. Liewe hemel, geniet ‘n bietjie die teenoorgestelde en geen hierdie jong pa ‘n high 5!

Carel ·

Die slapgat is pateties, hy behoort self nog doeke te dra met ‘n dummy in sy mond! Sy ma moet hom seker nog help om sy kos ook te kou.

Cindy ·

Ai mense kan so ernstig en suur wees partykeer. Dit was regtig snaaks en ek het dit geniet om te lees.

Susan ·

Ja nee, ek kan my verstom aan die ou klomp suur pruime wat net altyd reg sit om met klippe te gooi! Ek glo daar is baie mans wat dit moes doen met groot sukses. Sp,s is daar ‘n mamma wat terugkom en dan is net te bly as Mamma weer tuis is. Soms nie. Maar dit staan nou soos ‘n paal bo water: – kind grootmaak, gaan sit nie in jou klere nie. My vriendin se 2 kinders was 15 maande uitmekaar en baie woeilig. Sy het altyd gesê sy sal enige iets vir die kinders gee om hul stil en tevrede te hou – selfs haar Noritaki teestel!

neelsie ·

Wat n nuusberig is dit?
Die hulpelose vent nie eers 2 kinders kan hanteer nie, is hy maar treurig.
Hy soek aandag , dink hy het nie ruggraat nie!

Ruby ·

Dis ‘n mooi gebaar van Brad om erkenning te gee aan ander mammas en pappas wat dit daagliks moet doen.

Adpvil ·

O liewe vader maar julle neem die lewe ernstig op. Ek is ‘n ouma en voel partykeer verslaan deur my twee kleinseuns.

Denise ·

Al wat Brad eintlik vir almal wil se is dat elke vrou n Superwoman is , daar is duisende Brads daar buite ons vrouens is geskape om tien dinge op een slag te kan doen!!!! Lekker Dag vir al die Supercool vrouens!!!!!!!!!

Janine ·

Soveel suurkoeke op die forum. Ek het gedink dis skreeusnaaks, en is self ma van 4 (darem almal nou groot). Foeitog, van julle het seker ‘n slegte Maandagoggend. Pateties.

Edward ·

Shame. Ek het vir 1 maand na my eerste gekyk toe sy net 1 maand oud was. My vrou moes gaan werk. Geen keuse. Sy ervaring was ‘n “walk in the park”. Moet sê, ek was maar in die middae te bly as my vrou tuis gekom het.

Lag 'n bietjie ·

Kyk uit my ervaring in my beroep wil ek vir die ouens wat die negatiewe kommentaar post net sê, ek dink gaan sit terug en dink diep oor hoekom julle so reageer. Julle hoef nié berig te lees of daarop te antwoord. Party van ons geniet die oulike berigte. Dink julle reageer so omdat julle opgekropte woede, angs, depressie ens beleef. Julle arme families en kollegas loop seker heeldag deur. Gaan kry hulp. Dankie Maroela, oulike berig

johann cb ·

Ai, ek moes ook nou lekker sit en glimlag! Natuurlik is dit harde werk, maar sy sin vir humor is uitstekend! Ek wens ek kon die oorspronklike Engelse inskrywing sien, net om lekker te lag. Dit klink ook nie of skoonma juis omgekrap was nie. En vroulief moes sekerlik ook net kop skud oor die drie se mannewales. Hierdie is ‘n paadjie wat baie van ons mans al te goed ken en die grootste gros van ons dop die toets! Tog kom ons anderkant uit. Ek is tans vir die soveelste keer in my lewe in ‘n soortgelyke situasie – ek ken van. Ja dames, dit is harde werk en ons waardeer julle…

Gesie ·

Mooi so Brad, dit vat ‘n ware man om te erken hy is verslaan. Moet sê ek het ook maar moeilik grootgemaak aan my twee knape en het menige dag as pa by die huis kom ons pienkvoete net so in sy hande geprop. Om ‘n voltydse ma te wees is ‘n wonderlike voorreg, maar ek sal jou die hare op my tande wys. Boonop moet mens leer om selfloos te wees en min of geen erkenning te kry. Nie noodwendig van pa nie, maar van baie daar buite wat steeds glo huisvrouens sit heeldag en sepies kyk.

rr ·

Moes vir drie en n half jaar kind groot maak want pa en ma was “te-besig” dit was nie so bad nie. Nappies en al. Nou 8 jaar later sal die kind nooit die waarheid weet nie. Te klein om te onthou tog het die kind vir my pa gesê en vir ouma ma…. Hartseer nê……………….

Viv ·

Rr, hy onthou dalk nie in woorde nie maar in emosies wel. Kinders bind baie sterk met die eerste persone in hulle lewe – wat jy gedoen het is baie belangrik., en het patrone neergele wat onvervangbaar is en wat hom sy lewe lank sal bybly. Sterkte

Celeste ·

Baie oulike berig. Al die ou tannies met hul nat broeke moet asseblief tog net ontspan… Hoekom moet die nuus net gaan oor moor en roof!? Iets lig en snaaks kan almal goed doen! Ek as n ma van my eerste kind het al gevoel soos die arme ou as my man nie byderhand is nie! So Geniet eerder n tikkie vermaak as om so te kla!!!!!

Retrospect ·

Dis snaaks dat die een post wat niemand van hou nie, die meeste komments het. Is ek die enigste een wat ,as ek nie van iets hou nie, dit net ignoreer? Julle lewens moet baie vervelig wees as iets so klein soos dit julle so erg ontstel. En om vir hierdie arme dude op te staan, ek dink regtig nie dat die heel eerste keer wat enige iemand aleen is met hulle kinders, hulle maklik dit sal hanteer nie. Dis n jong couple, sny hulle bietjie slack.

En vir almal wat nou sal sê “jou lewe moet dan ook baie vervelig wees, as ons comments jou so kan ontstel.” Nee, dis nie net die comments nie, dis die closed-mindedness van baie Suid Afrikaners.

En nee, hy het nie aandag gesoek nie. As ons intelligente Suid-Afrikaners net sou dink, sou jy obviously agterkom dat hy het dit net gepost op sy eie private Facebook vir sy vriende om te lees. Hy het nie gevra vir dit om so versprei te word nie. Mense het dit versprei omdat hulle die struggles van early parenthood oulik vind.
So chill net.

Retrospect ·

En net om by te sit, hy staan eintlik op vir vrouens en hoe hard hulle werk, maar as afrikaanse mense kan kerm, sal ons. Neh

Sus ·

Ek was ook ‘n raak-vat ma. My kinders is nou groot en uit die huis. Ek kry koue rillings as ek dink hier moet ewe skielik ‘n 6-weke en ‘n 2-jaar oue modelletjie by my voordeur afgelaai word! Ek sal ook lus wees en loop stilletjies in die nag weg!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.