Paartjie se foto laat mens se nekhare rys

Die foto wat Shreela Roy op Twitter gedeel het (Foto: sredits/Twitter)

ʼn Foto van ʼn paartjie wat op die randjie van ʼn afgrond vir ʼn foto poseer, het groot reaksie uitgelok op sosiale media. Duisende kykers debatteer of die foto eg is en of dit dalk met Photoshop gedokter is.

In die foto staan ʼn vrou op die randjie van ʼn skynbaar hoë afgrond en hou ʼn man, wat skynbaar midde-in die lug teen die afgrond afhang, se hand vas. Dit wil voorkom of daar niks anders onder hulle is buiten ʼn pad en ʼn hoë afgrond nie.

“Wat keer jou om dít te doen?” het ʼn Twitter-gebruiker gevra toe hy die foto gedeel het. In die kommentaar-afdeling het gebruikers egter gewonder of die foto dalk geredigeer is om soos ʼn gevaarlike foto te lyk en of die paartjie regtig “dom” genoeg was om só te poseer.

Talle het gesê “gesonde verstand” en “geen tyd om foto’s te dokter nie” is van die redes hoekom hulle nie soos die paartjie sou poseer nie.

Daar is egter ʼn groep gebruikers wat sê die foto lyk maar net gevaarlik as gevolg van die hoek waarteen dit geneem is. Hulle het die ligging uitgeken as Gulek-kasteel in Turkye. Dié Middeleeuse kasteel in Mersin, op 1 500 m bo seespieël, is ʼn gewilde ligging vir toeriste oor die fotogeleenthede wat dit bied.

Van die Twitter-gebruikers het ʼn wyer fotohoek van die toneel gedeel wat dit duidelik blyk dat daar ʼn landingstrook onder die oorhang is. Wanneer ʼn foto slim geneem word, lyk dit of daar niks onder die afgrond is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Aikie ·

Die foto is gedokter. Kyk na die houding van die vrou. Sy staan net gewoonweg regop, geheel en al van balans af. Sonder om gestut te wees teen die gewig van die man sou hulle altwee pannekoek gewees het op die pad. Dan ook, waar het die ou gestaan wat die foto geneem het? Hommeltuig?
Dit wil my voorkom dat die foto wel daar op die rots geneem was, maar daarna was die mense en die rots so ‘n bietjie vooroor geleun om die risiko hoër te laat lyk.

Pietertjie ·

Nee wat, die tannie staan gans té regop om die man se gewig te balanseer. Foto-foefie. Pleks hulle draai die rots-en-mense gedeelte ‘n paar grade anti-kloksgewys, dan sou dit bietjie meer geloofwaardig gelyk het

Kiepie ·

Kyk na die laaste foto van die 4 wat in die onderste blokkie gewys word. Daar word die “geheim” verklap. Baie slim!

Anti-Verkramp ·

Die foto is teen ‘n skerp hoek van bo af geneem . Daar kan malik ‘n platform onder die man se skoene wees wat jy nie kan sien nie. Die man se voete is redelik naby aan die onderkant van die foto wat die geleentheid bied om die platform weg te steek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.