‘Panda’ aan leiband toe gʼn beer

Skermgreep uit die video

ʼn Video wat aanlyn gedeel word oor ʼn “panda” wat in ʼn middestad aan ʼn leiband rondgelei word, is toe glad nie wat kykers gedink het nie.

Die kort video wys hoe ʼn vrou ʼn voetgangerkruising oorsteek met ʼn swart-en-wit dier aan ʼn leiband. Dit het tot ʼn groot debat gelei toe dit op sosiale media gedeel is, maar die dier is eintlik geen panda nie.

ʼn Man in die suide van China het sy hond se pels swart en wit gekleur sodat dit soos ʼn panda moet lyk. Die eienaar, Yang Yan, sê sy Chow Chow, genaamd Mei Niu, wat “mooi meisie” beteken, lyk net soos ʼn panda. Hy het plante en water gemeng om die kleursel te maak en voer aan dit is dus skadeloos vir die hond.

Elisa Allen, direkteur van PETA (People for the Ethical Treatment of Animals), sê egter honde is slim, komplekse diere en nie speelgoed nie. “Daar is nie enige manier om ʼn hond, of enige ander dier, te kleur sonder dat dit gevaarlik is nie. Daar sal altyd die gevaar wees dat dit giftig kan wees of ʼn allergiese reaksie kan veroorsaak.” Volgens haar is dit oneties en onnodig om ʼn dier se lewe in gevaar te stel.

DogTime berig daar is verskeie troeteldierwinkels wat sogenaamde “panda-honde” te koop aanbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.