Papegaai vloek haar redders

Foto: Paul Wood

ʼn Papegaai wat op ʼn dak vasgekeer was, het brandbestryders kru taal toegesnou toe hulle haar wou red.

Beamptes van London Fire Brigade is Maandag na die toneel in Londen ontbied waar Jessie al drie dae lank op ʼn dak gebly het. Sy het uit haar huis in Edmonton ontsnap.

Die brandbestryders is ontbied uit kommer vir Jessie se veiligheid nadat haar eienaars en die DBV haar nie van die dak af kon kry nie. In ʼn poging om ʼn band met die papegaai te vorm, het die brandbestryders haar met die woorde “I love you” gepaai, soos dierekenners aan beveel het.

Jessie het egter net gereageer met “f*** off”, aldus ʼn getuie.

Volgens Chris Swallow, een van die brandbestryders wat op die toneel was, was daar kommer dat sy dalk beseer is, en dit is waarom sy al vir drie dae lank nie van die dak af wou kom nie. “Ons spanbestuurder was die vrywilliger wat op die leer geklim het om Jessie te help. Hy het alles gedoen wat die dierekenners aanbeveel het. Jessie het aanvanklik met ‘I love you’ reageer, maar ons het toe uitgevind sy het nogal ʼn bek aan haar en het bly vloek – natuurlik het ons lekker gelag daaroor.”

Jessie ken ook woorde in Turks en Grieks, en sy is ook in dié tale gepaai, maar dit het vinnig duidelik geword dat sy niks makeer nie en sy was nie beseer nie. Sy het kort daarna van die dak afgevlieg en eers op ʼn ander dak gaan sit en toe in ʼn boom.

Die brandbestryders is om 11:06 na die toneel ontbied en het die toneel weer om 12:08 verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Thys ·

‘N mens kan sien waar daai papagaai sy woordeskat aangeleer het

Johann cb ·

Jessie het aandag gesoek…én dit gekry! Moes maar glimlag!

Mossie ·

Sy het nie werklik in nood verkeer nie en was heel duidelik geirriteerd met die reddingspoging en het dit duidelik te kenne gegee. Ek is seker daarvan dat sy heeltemal anders sou opgetree het indien sy werklik in nood verkeer het :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.