Papegaaie vloek só baie, dieretuin moes hulle skuif

Een van die papegaaie wat so vreeslik vloek (Foto: Lincolnshire Wildlife Park/Facebook)

ʼn Dieretuin in Engeland is baie verleë oor papegaaie wat besoekers begin vloek het. Die Licolnshire Wildlife Park het gesê die vyf gryspapegaaie is uit die publieke uitstalling geskuif, berig Lincolnshire Live.

Die papegaaie, Eric, Jade, Elsie, Tyson en Billy, het onlangs by die dieretuin aangekom. Verskillende eienaars het in dieselfde week die papegaaie aan die dieretuin geskenk en die bestuur het besluit om hulle saam in kwarantyn te plaas.

Kort daarna het hulle egter mekaar – en besoekers – begin vloek.

Beamptes by die dieretuin sê hulle het mekaar die vloekwoorde geleer in die kort rukkie wat hulle bymekaar was. “Dit was chaos, almal van hulle het gevloek,” het Steve Nichols, uitvoerende hoof van die dieretuin, aan CNN Travel gesê. “Ons was besorg oor die kinders wat die dieretuin besoek.”

Nichols het gesê hulle het oor die afgelope 25 jaar soms papegaaie gekry wat gekruide taal gebruik, en hulle het daaraan gewoond geraak, berig Lincolnshire Live verder. “Soms kry mens een wat vloek en dan is dit baie snaaks. Maar toevallig het ons vyf in dieselfde week gekry, en omdat hulle saam in kwarantyn geplaas is, het dit beteken dit was ʼn kamer vol voëls wat vloek.”

Die bestuur van die dieretuin het gehoop dat die voëls hul streke sou laat vaar as hulle publiek vertoon word, maar toe die besoekers vir hulle gekruide taal lag, het dit hulle net aangehits. “Hoe meer hulle vloek, hoe meer lag mens gewoonlik en dit hits hulle net aan om nóg te vloek.”

Omdat die dieretuin besorg was oor kinders wat blootgestel word aan die gekruide taal, het hulle besluit om die papegaaie te skei en hulle uit die publieke oog te verwyder.

“Ek hoop hulle sal verskillende woorde in die kolonies aanleer, maar as hulle die ander ook leer vloek en ek het uiteindelik 250 voëls wat vloek, dan weet ek nie wat ons gaan doen nie,” het Nichols aan die BBC gesê. “Sommige besoekers het gedink dit is snaaks, maar omdat kinders ons oor naweke besoek, moes ons hulle skuif.”

Personeellede hoop die vyf se taalgebruik sal binnekort meer gesinsvriendelik wees.

The famous swearing parrots unveiled…. ???????????? #lincswildlifepark #lincolnshirewildlifepark #swearingparrots

Posted by Lincolnshire Wildlife Park on Tuesday, September 29, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ferryman ·

Moontlik die begin van ‘n dieretuin met ‘n ouderdomsbeperking.

Mel84 ·

Hulle weet nie wat vloek is nie – maar hulle weet hulle kry reaksie – en geniet dit dan.
Papegaaie is soos klein kinders – as ek reg onthou gelykstaande aan ‘n 3-5jarige kind. So verwag dieselfde reaksie as ‘n toddler! :-)

Baardman ·

Wys jou maar net wat n vrot appel aan die res doen. Laat my baie aan die ANC dink

Adam Adriaan ·

Stuur hulle vir Militêre oefeninge saam met die vloot. Lyk my hulle vloek soos matrose. Die manne sal hulle darem geniet!!!!

Nella ·

Ek love dit so as Bekkie, my AG so vloek. Ek vertel hom nou die aand van my seun se African Grey wat my so hard gebyt het, dat ek amper gedog het ek moes steke kry. Hy het so mooi geluister en toe haak hy af:…. Bl….m. Met die klem op die BLIK. Ek kon net lag.

Human ·

Bring die papegaaie Suid-Afrika toe. Hulle word benodig in die Parlement om die peil van debatvoering te verhoog.

Katrina ·

Dit laat my dink aan klein kindertjies wat die vloekwoorde so van hul ouers aanleer, en dan dink almal dit is skreeu-snaaks as hulle so vloek. Soos dit dan ‘n verleentheid word, word hy gefoeter as hy vloek, en kan die arme kind nie verstaan wat doen hy nou verkeerd nie, en sit jy met ‘n verwarde kind. ‘n Klein kindjie wat leer praat, kan nie onderskeid tref tussen vloek en gewone taal nie, hy kom net agter as hy hierdie woorde wat hy ook hoor, sê, dink almal dit is baie snaaks. Dieselfde met die voëls, hulle word dit geleer of tel dit self op omdat hulle gedurig daaraan blootgestel word, en sien dat hulle gunstige reaksie by mense kry as hulle dit herhaal, hetsy gunstige aandag of ‘n treat. Maar dan breek die dag aan dat die gedurige gevloekery hul eienaar in die verleentheid stel, en word daar van hulle ontslae geraak. Ek het almal by ons huis duidelik laat verstaan: die dag as ons African Grey’s begin vloek, verkoop ek hulle onmiddellik, so niemand gebruik kru woorde voor hulle nie.

Heinrich ·

Soos ‘n klomp stout kinders…die papagaaie en die publiek…

Renier ·

Papegaaie maak net geluide na. Wys jou uit watter tipe huise hulle kom!???? En hoeveel van ons vind dit vermaaklik om die voëls “stout” te leer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.