Parkeerkaartjie uiteindelik betaal … 44 jaar later

Argieffoto

ʼn Man het só skuldig gevoel dat hy uiteindelik ʼn 44 jaar oue parkeerkaartjie betaal het.

Die polisie in Minersville, Pennsylvania, het verlede week ʼn brief met $5 ontvang. Die adres agterop was “Feeling guilty, Wayward Road, Anytown, Ca.”

Michael Combs, hoof van polisie, het aan WNEP-TV gesê die brief lui: “Liewe PD, ek het al langer as 40 jaar hierdie parkeerkaartjie. Ek was nog altyd van plan om te betaal. Vergewe my dat ek nie my besonderhede verskaf nie. Groete, Dave.”

Die boete vir die parkeerkaartjie in 1974 was $2, maar die persoon het $3 rente bygevoeg, aldus AP. Dieselfde boete sou vandag $20 (ongeveer R270) gekos het.

Combs sê die kaartjie was vir ʼn motor met Ohio-nommerplate, maar die departement het nie die tegnologie om destydse nommerplate op te spoor wat buite die staat se grense val nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet ·

Só skuldig gevoel dat jy vir 20jaar nie betaal het nie, ag asseblief, die is nou gedoen om “viral” storie te kry.

Vark ·

Ek voel nou ook so skuldig dat ek vandag my E-Toll rekeninge gaan betaal

anton ·

Die E-toll rekening is nou wraggies die een rekening wat ek nooit oor skuldig gaan/sal voel nie en ook nooit beplan om te betaal nie!!!
Ek sal dit altyd sien as diefstal van die man op straat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.