Pas jou voertuig by jou persoonlikheid? Hier is ʼn vraelys

(Grafika: Your Red Car)

Byna die helfte van motoriste dink hul voertuie verteenwoordig hul persoonlikheid – en talle glo die kleur, spoed en klankstelsels sê baie oor hulle as persoon.

ʼn Peiling onder 2 000 motoriste het bevind dat bestuurders van sportnutsvoertuie hoofsaaklik familiegeoriënteerd is – met drie uit vyf (59%) wat aanvoer dat hulle “altyd” hul geliefdes eerste stel.

Byna die helfte (48%) van luikrugmotorbestuurders glo hulle is lojaal en betroubaar – met slegs 5% van dié groep wat sê hulle “leef in die vinnige baan van die lewe”.

Ongeveer 41% van diegene wat ʼn stasiewa ry, meen hulle is baie georganiseerd. Sowat een uit elke drie (33%) van bestuurders van 4×4-voertuie sê hulle wil “enige tyd, enige plek heen gaan”.

Van diegene wat glo hul voertuie verteenwoordig hul persoonlikheid, meen talle hul voertuie het meer te sê oor hul werk (20%), kleredrag (18%) en selfs musieksmaak (17%).

Een uit elke vier (26%) het selfs eerder ʼn voertuig gekies wat by hul persoonlikheid pas, eerder as ʼn praktiese keuse.

Die navorsing is gedoen deur Your Red Car, ʼn aanlyn motorhandelaar in die Verenigde Koninkryk. Die studie het ook bevind dat tweederdes van motoriste (65%) nog nie hul droommotor bestuur nie, maar die top-kenmerke vir hul droomvoertuig is ʼn luukse binneruim (32%) of hul gunstelingkleur (23%). Sowat 34% het egter gesê die belangrikste is dat die voertuig “pret moet wees om mee rond te ry”.

Your Red Car het ʼn vraelys ontwikkel wat motoriste kan help om hul “motorpersoonlikheid” te vind. Volgens die vraelys kan jy onder andere in die “Fiat 500 gang”, kindervriendelike “Volvo Viber”, ʼn “Land Rover Lover”, ʼn “Brand BMW” of “Porsche Patrol”-kategorie val.

Voltooi die vraelys hier: https://visityourredcar.co.uk/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

VaalDonkie ·

Ek ry ‘n Subaru want hulle is goedkoop om aan die gang te hou en rats.

VaalDonkie ·

Presies. Daar’s ‘n rede waarom jy hulle vir R40 000 kan koop.

VaalDonkie ·

Wat bedoel jy? Mens sien nou nog elke dag Foresters, Outbacks, en Impreza’s wat in die laat 90’s en vroeg 2000’s vervaardig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.