Perfekte pasmaats – 68 jaar later is hulle nog voëls van eenderse vere

Skermgreep uit die video

Dié egpaar reken die geheim dat hulle al 68 jaar lank gelukkig getroud is, is hulle bypassende uitrustings.

Rosemary en Francis Klontz van Kalifornië in die VSA is perfekte pasmaats – letterlik. Hulle dra nog elke dag van hul huwelik soortgelyke uitrustings.

Francis het Rosemary vir die eerste keer raakgesien toe hulle 14 jaar oud was, en geweet sy is die een vir hom. “Ek het gedink, ‘wat ʼn oulike meisie!’” het hy aan Inside Edition gesê.

Rosemary moes egter oortuig word. Sy het van Francis gehou, maar sy het gedink hy het bietjie hulp nodig in die klere-afdeling. “Ek was baie bewus van sy kleredrag en van sy klere was twyfelagtig,” het sy aan Inside Edition gesê. “En toe help ek hom.”

Francis hou daarvan dat sy vrou in beheer is van hul klere. “Dis baie maklik vir my om aan te trek, want ek hoef nie daaroor bekommerd te wees nie!”

Hul kleinseun Jonathan het gesê hy het hulle gespot oor hul bypassende klere. “Ek is die een wat hulle die meeste daaroor geterg het.” Maar nou dra hy en sy verloofde, Kassy, ook bypassende uitrustings. Die twee verloofdes het nou ook ʼn kleremaatskappy vir hom en haar, genaamd Baezies, vir paartjies wat ook bypassende uitrustings wil dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sonja ·

Moet erken my man vra altyd wat ek gaan aantrek en probeer ook dan so naby moontlik so aantrek! As ek blou doen sal hy ook blou aantrek!!

nella ·

Wat ñ pragtige voorbeeld!!! Dit spoor mens aan om dit joune te maak. Ek en my man is 39 jaar getroud en het ook al baie onbewus dieselfde aangetrek. Dis maar seker daardie diep kommunikasie tussen mens en diep liefde vir mekaar. xxx

Carien ·

Dis so pragtig en mens sien net liefde uitstaal tussen die 2 mooi mense.

Patch ·

‘n Lekker voel-goed storie. So mooi om te sien na al die jare is hulle steeds net so lief vir mekaar. Pragtige voorbeeld.

Niklaas ·

Dis altyd lekker om te lees van soveel verdraagsaamheid en liefde. Dit maak jou dag sommer beter , veral as SA nuusberigte so steurend is en mens kort iets om jou op te beur. Dan help sulke mooi verhale altyd !

Natascha ·

So pragtig. dis lekker om te lees van ander se geluk, Hul lyk soo gelukkig, n Voorbeeld vir baie van ons.

nella ·

Wat ñ pragtige voorbeeld!!! Dit spoor mens aan om dit joune te maak. Ek en my man is 39 jaar getroud en het ook al baie onbewus dieselfde aangetrek. Dis maar seker daardie diep kommunikasie tussen mens en diep liefde vir mekaar. xxx

nella ·

Wat ñ pragtige storie en voorbeeld. Ek en my man is al 39 jaar getroud en trek ook baie keer onbewus dieselfde klere aan. Dis maar seker as mens ñ goeie kommunikasie en liefde tussen mekaar het. xxx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.