Pienk sprinkaan opgemerk

Foto: Kate Culley (via SWNS)

ʼn Vrou van Engeland het onlangs op ʼn seldsame pienk sprinkaan afgekom.

Kate Culley (41) het aan South West News Service gesê sy het in haar ouma se tuin in Gloucestershire gewerk toe sy die sprinkaan opgemerk het. Alhoewel die insek vinnig weggespring het, kon Culley ʼn foto neem.

“Ek was baie verbaas – mens verwag nie om ʼn pienk sprinkaan te sien nie,” het sy aan die nuusagentskap gesê. Sy is dankbaar sy kon betyds die foto neem.

National Geographic het in 2013 in ʼn plasing op sy webwerf gesê dié pienk insekte is waarskynlik ʼn “seldsame wysiging van die algemene sprinkaan Chorthippus parallelus”.

Pienk sprinkane, wat slegs in seldsame gevalle die volwasse stadium bereik omdat roofdiere hulle so maklik kan raaksien, is waarskynlik pienk weens ʼn genetiese mutasie wat, aldus die National Geographic, ook albinisme in diere veroorsaak. Dié resessiewe geen is moontlik ook die oorsaak vir rooi hare en sproete by mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bloudrom ·

Ek moet sê hulle is skaars. Ek self het byvoorbeeld nog nie een gesien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.