Piepklein handsakkies het ʼn groot opslae gemaak by die gewilde Modeweek in Parys, Frankryk – maar dis nie duidelik wat jy in die handsak sou dra nie en dit kos ʼn plaas se prys!
Miskien wil jy net ʼn enkele stukkie kougom en ʼn haarknippie in jou handsak dra – dan is dié handsak vir jou gemaak.
Die modewêreld is egter gaande oor hierdie mikrohandsakkies van die Franse modeontwerper Jacquemus. Hulle is só klein, hulle hak net oor jou een vinger.
Simon Port Jacquemus het van sy “Le Chiquito”-handsakkies weggegee aan uitgesoekte gaste by die Jacquemus herfs/winter-vertogning, tesame met piepklein uitnodigings.
Modelle het dit op die loopplank gedra en daarmee in foto’s verskyn, maar dis moeilik om die klein handsakkies te sien.
Een handsakkie sal jou ongeveer $500 (sowat R7 000) uit die sak jaag.
Die handgemaakte sakkies is op Jacquemus se webwerf beskikbaar in oranje, blou en groen suède. Soortgelyke handsakkies is ook beskikbaar in geel, ligblou en liggroen.
En die keiser dra goue kleure.
Belaglik.
Heeltemal onprakties, maar te oulik!
Hulle sal my moet betaal om met die simpel ding rond te loop terwyl ek selfoon, beursie, kaarte, lipsel (soos my ouma gesê het), tissues, tampon, en you name it onder my arms moet vasknyp net om te sê ek is in die mode… sal seker my appel vir lunch break moet vasbyt want geen plek meer onder die arms en kam staan in die hare pen orent.
Karien ai hoe lekker het ek nou gelag! ??
Hoe lekker lag ek nou!!!
Karien, ten minste weet ons nou jy is nognie in menopouse nie :-) :-)…het nou lekker gelag…
❗❗❗????EK SOEK OOK SO Ñ MUISJASSIE…❗❗❗????
As ene beroemde skreeu: “Mode!” dan is dit mode. Belaglik.
Hier is ‘n winskoop!!! Ek verkoop hulle vir $400???
Dankie Karien. Ons het nou lekker gelag. Ek het nogal dieselfde gedink. Nee wat, hulle kan maar daai Barbie handsakie hou.
Genade, ek ry op my fiets, beloer so vlugtig my selfoon se skerm en amper ry ek in ‘n rugbypaal vas.
Nie eers my liggewig bank kaart sal in daai klein handsakkie pas nie ?
Simpel.?
Ek dra ‘n sak aan my wat heelwat groter is as hierdie, permanent
Belaglik!!