Pisa se toring nie meer só skeef nie

Die Skewe Toring van Pisa (Foto: skilly999/Pixabay)

Die Skewe Toring van Pisa staan bietjie meer regop danksy ingenieurs wat dié wêreldbekende toeristeaantreklikheid wil beskerm.

ʼn Groep toesighouers by die toring, wat aangestel is om die vordering van die restourasie te monitor, het Woensdag in ʼn verklaring gesê ná 17 jaar se waarneming is “die Toring van Pisa stabiel en besig om sy helling te verminder”.

Prof. Nunziante Squeglia van die ingenieursdepartement aan die Pisa University het gesê die 57 meter hoë monument se helling het met 4 cm verminder, berig Italiaanse media.

Die groep toesighouers is aangestel ná Michele Jamiolkowski, ʼn Poolse ingenieur wat nou in Italië woon, tussen 1993 en 2001 met ʼn internasionale komitee vergader het om die bekende toring te red. Die toring is in Januarie 1990 vir 11 jaar lank gesluit uit vrees vir besoekers se veiligheid, aangesien die helling 4.5 m bereik het. Die helling is intussen met meer as 40 cm verminder.

Die toring, ʼn simbool van mag in die maritieme republiek van Pisa in die Middeleeue, hel al na die een kant oor sedert konstruksie aan die gebou in 1173 begin het.

Die toring sal na verwagting vir die volgende 200 jaar stabiel bly.

Waarom is dié toring so skeef? Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Amelia ·

Is die nou 4cm of 40cm Maroela Media????? Of verstaan ek dalk verkeerd.

Sune van Heerden ·

Dagsê Amelia
Ons vra om verskoning as die berig nie duidelik was nie. Die toring se helling is die afgelope 17 jaar met 4 cm verminder, maar sedert 1990 is die helling met altesaam 40 cm verminder. Lees gerus ook hier.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

B-man ·

Ek dink nie iemand hier verstaan helling so mooi nie? Op watter hoogte is hierdie verbetering. Helling is ‘n funksie van twee afstande relatief tot mekaar – gewoonlik vertikale vermeerdering oor horisontale vermeerdering – (kan dan ook as ‘n persentasie weergegee word). As ons aanneem dat die 4.5 m by die hoogste punt is, dan is die helling = (4.5/57)*100 = 8 % (of 1 : 13 – vir elke 13 m hoogte hel hy 1 m oor).

Verstaan ·

B-man, ek dink jy kan reg wees. Ek dink ook nie iemand hier verstaan helling so mooi nie. Weet jy hoekom? Ek dink nie iemand is juis daaroor gepla nie. Keep it simple. Fantasties dat jy wiskundig so goed aangelê is. Jy sal waarlik ‘n aanwins wees by die Universiteit van Pisa en dan kan jy hulle dalk help met hulle berekeninge. Hou ons asb. op hoogte.

Michael Bouwer ·

B-man, in party gevalle, soos in die geval, is dit dalk makliker om die helling in terme van afstand te gee, of in engles arc length.

In my opinie is die metode meer korrek as die een wat jy voorstel, die “grond” waar op die gebou staan is nie perfek horisontaal nie en is eintlik op die circumference van n sphere, en dus kan jy nie die verhouding tussen die vertikale en horisontale afstand gebruik nie.
Dit is dus meer akuraat om die arc lenght te gebruik. As jy wel na grade toe wil gaan moet jy die arc lenght vat na radians en van radians na degrees.

Ps. Jammer vir al die engels, ek ken nie die afrikaanse terme nie.

Johan ·

So die toring is in 1370 voltooi na dit al in die 12de eeu begin bou is.

Toe die “moeilikheidmaker” ene Jan van Riebeekc (volgens genie Zuma) in 1652 in die Kaap arriveer, was hier niks, zilch. So hoeveel jaar was Afrika agter Europa? Kan ek dan redelikerwys aanvaar kolonialisme het vooruitgang (infrastruktuur) na SA gebring of is ek nou “lelik” om dit te skryf?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.