Polisie ontbied om ‘tier’ te vang …

Die polisiebeamptes en die tier (Foto: @marthasimpson__/Twitter)

ʼn Helikopter met gewapende polisiebeamptes het Saterdagoggend op ʼn eiendom in Kent in die Verenigde Koninkryk toegeslaan ná stappers berig het hulle het ʼn wilde tier in die omgewing opgemerk.

Beamptes het reageer “ná ʼn berig van ʼn lid van die publiek oor ʼn groot wilde kat in die gebied”, het die BBC berig.

In plaas van ʼn lewendige tier, het beamptes egter op ʼn lewensgrootte beeld afgekom.

Juliet Simpson (85) het aan Ladbible gesê sy het die tier al twee dekades gelede van harpuis en ogiesdraad gemaak. Toe haar bure haar laat weet dat die polisie op soek is na ʼn tier, het sy van haar huis na die woud gestap waar haar tier geleë is.

“ʼn Groep gewapende polisiebeamptes het van die oorkantste veld aangekom, wat in daardie stadium besef het dit is ʼn vals alarm. Ek wou weet of ek hulle kan voorstel aan my tier,” het Simpson aan die BBC gesê.

“Dit lyk heel werklik. Dit is veronderstel om werklik te lyk en dit is ongeveer 30 m van ʼn voetpad, so mens kan dit nie van naby sien nie.”

Simpson se kleindogter het foto’s van die tier op Twitter gedeel. “My ouma is ʼn beeldhouer. Tien gewapende polisiebeamptes en ʼn helikopter is vandag na haar huis ontbied ná ʼn stapper ʼn tier in die woud opgemerk het. Hier is die tier,” het sy by die foto’s geskryf.

Nog ‘n gebruiker het laat weet hy gaan stap gereeld in die omgewing met sy kinders en honde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

madels ·

Dis nie onmoontlik nie want daar is baie mense wat diere onwettig sal kan smokkel en dan vrylaat omdat hulle nie na die diere kan omsien nie… so dis nie so lagwekkend soos jy dink nie hoor!

madels ·

Lol! Ja, kyk dit moes nogal baie “scary” gewees het om die grote tier in die natuur te sien :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.