Polisie se werwingsvideo het internet gaande

(Foto: Skermgreep uit die video)

Die Nieu-Seelandse polisie het ʼn werwingsvideo op Facebook gedeel wat bestempel word as die “vermaaklikste werwingsvideo nóg”.

Dié video is gemaak om Nieu-Seelanders aan te moedig om by die polisie aan te sluit. Hulle wil weet of jy genoeg omgee vir die gemeenskap en fiks genoeg is om ʼn lid van die polisiediens te word.

Dié video van drie minute maak gebruik van 70 van Nieu-Seeland se werklike polisiebeamptes, helikopters, toertjies, die polisie-orkes en ʼn polisiekat in uniform! Dat dit vermaaklik is, kan nie ontken word nie!

“Ons wil hê Nieu-Seeland moet die veiligste land ter wêreld wees, maar ons kan dit nie sonder jou hulp doen nie,” sê ʼn polisiebeampte in die video.

“Die Nieu-Seelandse polisiedepartement is op soek na nuwe lede wat werklik ʼn verskil kan maak. Mense wat omgee vir ander en hul gemeenskappe,” sê ʼn ander.

Die video het al meer as vyf miljoen trefslae gehad:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

zzzz ·

Die advertensie is hopeloos te lank, ek verloor belangstelling.

Mike Stander ·

3 minute “te lank”, maar jy kan vir hoe lank voor die sepies sit en tyd verwyl…?

Eish ·

Baie inspirerende advertensie.
Geen paralelle te trek met die helhool nie.

Aitoggie ·

Goeie advertensie. hahaha SAP sal voortrol of voortslaap.

Violet ·

Dis n kostelike advertensie, voel sommer lus om ook aan te sluit!

Johan lewer kommentaar ·

Pick me, pick me ! Dis die naaste wat ek sal kan kom om n Superhero te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.