Polisiebeamptes ‘red’ egpaar met twee borde kos

Jole en Michele eet die pasta wat die beamptes vir hulle voorberei het.

Jole en Michele eet die pasta wat die beamptes vir hulle voorberei het.

Polisiebeamptes in Rome, Italië, het tot ʼn egpaar se “redding” gekom deur vir hulle ʼn ete voor te berei.

Volgens die polisie is hulle na die 94-jarige man en 89-jarige vrou, wat al amper 70 jaar getroud is, se huis ontbied nadat die bure iemand hoor skree en huil het.

Die egpaar was glo ontsteld oor negatiewe nuusgebeure op die televisie. “Jole en Michele is baie lief vir mekaar, maar wanneer eensaamheid ʼn las vir die hart raak, kan dit gebeur dat hoop verlore gaan,” het die polisie in ʼn verklaring gesê. “Dit kan gebeur, soos die keer, dat hulle in hul wanhoop so hard geskree het dat iemand op die uiteinde die polisie ontbied het.”

Beamptes wat by die huis opgedaag het, het besluit om vir die egpaar aandete te maak. “Spaghetti, botter, kaas en ʼn kosbare bestanddeel, hul medemenslikheid, was die enigste bestanddele tot hul beskikking.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Harry ·

Hoe wens ek DAT ek in samelewing kan oud word sodat die polisie kos kom maak inplaas van R5 lood punts moet verspry on hulle lewe the moet bewaar.

Wat-ek-lees ·

Dis nou DIENS. SAPD staan mos vir Suid-Afrikaanse PolisieDIENS. Waar die laaste DIENS inkom sal nugter alleen weet.

Lida ·

In SA sou die polisie nog die bietjie kos en geldjies wat hulle kon kry vir hulself gevat het. Ongelukkig is dit ‘n feit.

Mien ·

Dit is ‘n hartroerende berig. Stem saam dat dit totaal anders sou verloop het as dit in Suid-Afrika was.

Gesie ·

Wat ‘n pragtige gebaar! Baie meer sulke berigte, asseblief Maroela!

Jeanne ·

Dit gaan oor gesindheid, en dis wonderlik dat hierdie manne ook hier ‘n diens gelewer het bo en behalwe hulle gewone pligte. Die probleem in SA is dat die Polisiemanne oor die algemeen ‘n houding het teenoor die publiek. Weereens nie almal nie, maar mens kan net nie die berigte oor die polisie se wangedrag en brutaliteit miskyk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.