Daniel Nicastro se ma, Carolyn, het ʼn uitnodiging vir die partytjie na die plaaslike polisiestasie gestuur nadat niemand geantwoord het op die partytjie-uitnodigings wat sy vroeër uitgestuur het nie. Sy het geskryf Daniel noem polisiebeamptes sy “superhelde” en dit sal vir hom baie beteken as hulle sy partytjie kan bywoon.
Sy was baie verbaas toe ʼn hele groep polisiebeamptes opdaag om Daniel se agtste verjaarsdag saam met hom te vier. Daniel se pa, Dan, het aan WNCN gesê Daniel was verheug om sy “superhelde” te sien. “Ek kan nie vir die polisie genoeg dankie sê nie. Ons en Daniel sal hierdie verjaarsdagpartytjie nooit vergeet nie, daarvan is ek seker.”
Sedert ʼn foto van die polisiebeamptes by Daniel se partytjie op sosiale media gedeel is, het ander ouers in die omgewing na Daniel se ouers uitgereik om speelafsprake met hul kinders te reël.
Lekker goeie nuus! Ongelukkig nie SAPD nie.
My kleinseun is outisties. Ek dink die ouers wou nie hulle kinders bring nie want daar is mense wat nie outistiese kan hanteer nie, hulls is eintlik baie oulik. Hy kon al tot tien tel nog voor hy kon loop!
Stuur die ouers “uit die omgewing” in hul maai, ñ mens is beter as sonder hulle!