Pop ook ‘geopereer’

Zikra Malik en Pari in die hospitaal (Foto: Amar Ujala/Twitter)

Zikra Malik, ʼn 11 maande oue baba, lê in die Lok Nayak-hospitaal in Delhi, Indië, in traksie langs haar pop, wat ook “in traksie” lê.

Volgens die nuuswebwerf Amar Ujala het Zikra haar been gebreek toe sy op 17 Augustus van haar bed afgeval het. Die peuter was baie bang en het gehuil en wou nie behandeling ontvang nie. Indian Express berig dokters het besluit om haar in traksie te laat lê – ʼn metode wat gebruik word om ʼn gebreekte bobeen te behandel in kinders wat jonger is as twee jaar oud.

Zikra was baie skrikkerig vir die dokters en haar ouers het toe met ʼn blink plan vorendag gekom. Hulle het Pari, haar pop, ook hospitaal toe gebring en die dokters het haar eers “behandel”.

“Sy is ʼn baie besige klein dogtertjie,” het haar ma, Fareen, aan die Indian Express gesê. “Dis byna onmoontlik om haar net vyf minute lank stil te laat sit! Op die eerste dag in die hospitaal wou sy nie stil lê op die bed nie. Sy het bly beweeg en die dokters wou hê ons moet haar bene reguit hou sodat hulle dit reg kan belyn. Ek het toe my man gevra om haar gunstelingpop hospitaal toe te bring. Ons het gedink ons sou Pari in dieselfde posisie laat lê, en dit het gewerk!”

Hulle het gips aan die pop se bene gesit en Zikra het toe ook ingestem dat hulle haar behandel.

Die twee lê nou langs mekaar op die bed en hul vriendskap is die hoogtepunt in die ortopediese saal. Zikra sal na verwagting binne ʼn week ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Slim pappa en mamma! Dankie aan die dokter en personeel wat saamspeel!

Lente ·

Hoe “lag” ek nou vir die kommentaar dat die KLEINTJIE nie behandeling wou ontvang nie – net 11 maande oud….behalwe dat sy gehuil het – wonder ek nou hoe die boodskap oorgedra is – dis dan net n baba……Maar bly die dokters het flink gedink en nou kan sy gesond word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.