Poste wat oor 50 jaar dalk nie meer sal bestaan nie

Tegnologie maak daagliks ons lewens makliker maar sal waarskynlik beteken dat sommige poste, wat tans nog deur mense behartig word, deur robotte of masjiene vervang sal word.

ʼn Hysbakoperateur was in 1950 nog een van die 270 poste op die sensusdatalys van die VSA, maar dié postitel bestaan nie meer nie.

Oor die volgende 50 jaar sal ons lewe waarskynlik baie verander en poste soos taxibestuurders, bibliotekarisse en selfs kelners en bloemiste sal dalk nie meer deur mense behartig word nie. Hier is ʼn lys van poste wat waarskynlik in gedrang is:

Taxibestuurder

Argieffoto (Pixabay)

Die Los Angeles Times het onlangs voorspel dat selfgedrewe motors en dienste soos Uber waarskynlik sal beteken dat 5 miljoen Amerikaners hul werk as taxibestuurder kwyt sal wees.

Posman

Argieffoto (Pixabay)

Forbes het onlangs voorspel dat poskantoorwerkers soos diegene wat briewe sorteer, klerke en posafleweraars waarskynlik hul werk kwyt sal wees. In 2010 was daar 524 300 poskantoorwerkers in die VSA. Teen 2020 sal daar slegs 385 500 wees – meer as ʼn kwart van die personeel sal ander werk moet soek.

Vlieënier

Argieffoto (Pixabay)

Die New York Post het al in 2016 berig vlieëniers kompeteer met robotte vir hul werk. Vlieëniers maak reeds van rekenaars gebruik tydens die vlug en hanteer die vliegtuig slegs tydens opstyging en landing. Hul meganiese eweknieë word egter reeds opgelei om dié werk ook te doen en mense en vrag sal waarskynlik in ʼn stadium sonder enige vlieëniers rondgevlieg word.

Landmeters

Argieffoto (Pixabay)

Alhoewel gespesialiseerde posisies nog gevorderde opleiding benodig, kan talle persone reeds tot dié bedryf toetree met slegs ʼn matrieksertifikaat. USA Today berig robotika en ander tegnologiese vooruitgang sal waarskynlik meeste van die vaardighede kan hanteer.

Meterleser

Argieffoto (Pixabay)

Jou water- en elektrisiteitsrekening word waarskynlik opgestel danksy iemand wat die meter op jou erf kom neem het. Eenvoudige en goedkoop toestelle wat deel is van massa-energie sal waarskynlik seker maak dat mense nie meer fisies ʼn meter hoef te lees nie.

Busbestuurder

Argieffoto (Pixabay)

Miljoene verskillende bestuurders sal waarskynlik ʼn ander werk moet soek weens selfgedrewe voertuie, waaronder busbestuurders. Selfgedrewe elektriese busse is reeds ʼn realiteit in die strate van Switserland.

Skakelbordoperateur

Argieffoto (Pixabay)

As jy al ooit ʼn onderneming gebel het en dadelik gevra is om knoppies te druk vir verskeie opsies, het jy reeds interaksie gehad met ʼn rekenaar wat in ʼn stadium deur ʼn skakelbordoperateur behartig is. Volgens Forbes sal duisende van dié persone hul werk kwyt wees teen 2020.

Kitskoswerker

Argieffoto (Pixabay)

Kitskosrestaurante is eintlik net fabriekslyne en, net soos wat robotte meganisasie in die motorbedryf en ander aanlegte oorgeneem het, sal kitskoswerkers wat vir jou ʼn burger en skyfies bedien, waarskynlik ook binnekort ʼn ander werk moet soek. Robotte is reeds in New York by die Shake Shack aangestel.

Skeidsregter

Argieffoto (Pixabay)

Die Daily Star het onlangs voorspel dat groot vordering gemaak word wat betref kunsmatige intelligensie en wat daartoe sal lei dat robotte teen 2030 skeidsregters sal wees by Europese sokkerwedstryde. ESPN het ook berig dat die kommissaris van Major League Baseball glo rekenaars – wat nie ʼn fout maak nie – sal waarskynlik skeidsregters in dié sport vervang.

Bloemiste

Argieffoto (Pixabay)

Klante bestel deesdae sommer aanlyn blomme vir iemand. Die afwaartse neiging in die behoefte aan bloemiste is egter só skerp dat Amerika teen 2020 waarskynlik van 6 200 poste ontslae sal raak, aldus die werksportaal Monster.com.

Telebemarker

Argieffoto (Pixabay)

Volgens die Guardian is min poste soveel in gedrang soos telebemarkers en reken daar is ʼn 99% kans dat dié werk ook deur tegnologie oorgeneem sal word.

Kelners in restaurante

Argieffoto (Pixabay)

Die werk van ʼn kelner sal waarskynlik verander wanneer kunsmatige intelligensie robotte kan leer om op te tree as die skakel tussen klante wat kos wil bestel en die kombuis. Robotte is reeds as kelners aangestel by restaurante in China.

Tolke/vertalers

Argieffoto (Pixabay)

Masjienvertaling word al meer as ʼn dekade lank ontwikkel en vertalers het tot dusver gedink hul werk is veilig, omdat rekenaars nie die nuanse, aksente en verskillende dialekte van taal verstaan nie. Tegnologie verbeter egter deurgaans en masjienvertaling is tans ʼn $8 miljard per jaar-bedryf.

Kassiere

Argieffoto (Pixabay)

Talle winkels het reeds rye waar klante self hul produkte kan oplui en daarvoor betaal. Die behoefte aan ʼn kassier word dus deurgaans al hoe minder.

Bibliotekarisse

Argieffoto (Pixabay)

Bibliotekarisse wil dalk nie hoor dat hul werk in gedrang is nie, maar rekenaars het die katalogus en Dewey-stelsel van desimale klassifikasie reeds nutteloos gemaak. Aanlyn soektogte soos Google lei ook daartoe dat biblioteke en bibliotekarisse binnekort ander werk sal moet soek.

Vlugkelners

Argieffoto (Pixabay)

Vlieëniers is nie die enigste werknemers wat verandering sal ondergaan nie. Die Skybot-vlugkelner is reeds in 2012 op vliegtuie geïnstalleer wat vlugkelners help om drankies by passasiers af te laai. Teen 2016 kon Pepper die robot reeds elke passasier se bestelling en vluginligting onthou, versoeke verwerk en inligting verskaf oor ander vlugte – dit het slegs binne vier jaar gebeur, ons kan maar net raai wat oor 50 jaar van nou af gaan gebeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Gert ·

Kan ons dalk nou al reeds taxibestuurderders met robotte, wat geprogrammeer is om reels te gehoorsaam, vervang, asseblief? Groot asseblief!

SoosDitIs ·

Ongelukkig glo ek nie diè tegnologie waarvan hier gepraat word, sal spoedig in Suid-Afrika beskikbaar wees nie…..
Byt maar vas met die taxi bestuurders….

Mens moet maar aanpas of uit pas gaan die vergetelheid in ·

Die wêreld soos ons dit nou ken gaan heeltemal verander en dit gebeur teen ‘n duiselingwekkende spoed. Tegnologie en die wetenskap gaan ons leefwêreld heeltemal verander en die mens gaan eersdaags, binne die volgende 100 jaar, ander planete koloniseer en bewoonbaar maak. Baie mense is egter nie gereed vir al hierdie verandering nie en dit vervul sommiges met vrees. Hierdie mense wat bang is vir verandering maak hulleself toenemend irrelevant met hulle uitgediende opvattings oor die wêreld wat aanleiding tot ‘n geweldige toenames in depressie and angsaanvalle. Dit wat hulle glo en die snelveranderende wêreld waarin on leef is dikwels en toenemend nie meer versoenbaar nie.

Wie het 10 jaar gelede geding gedink dat die rekenaars en tegnologie soos ons dit vandag ken ooit sal bestaan?

Disselboom ·

Dis reg om tegnologie te benut. Tog moet die vraag gevra word of die mens nie besig is om homself onnodig te maak nie? Dink mooi hieroor na voordat jy sommer net dwars hierop reageer: gaan ete net oor ‘n masjienmatige (robotiese) proses van kos tot aangename eetbaarheid om te skakel, of is daar geselligheid en kultuur en vreugde daarin om ‘n ete voor te berei en dan saam of selfs alleen te geniet? En watter vreugde en lewensgenot is daarin om kos van ‘n masjien se rakkie af te haal, teenoor ‘n glimlag en ‘n vinnige groet en dalk ‘n fooitjie aan ‘n mens wat jou bedien? Ditto die biblioteektannie (of mooi meisie!) wat entoesiasties vertel van die mooi nuwe boeke of die leeshoek wat nuut ingerig is teenoor net roboties ‘n boek opspoor en huis toe gaan (dis nou as die boek nog in boekvorm is sodat jy lekker kan opkrul en dit saam met jou koffie of wyn geniet). Wil ons regtig in ‘n kar klim en dan nie self bestuur nie?

Marinda ·

Jy bestel blomme aanlyn, iemand moet seer sekerlik dié blomme rangskik.
Ek sal glo van die biblioteekaresse, ek sien reeds die verandering by ons biblioteek

Bemagtig julleself met tegnologie ·

Gelukkig het tegnologie nou ook kursusse gratis gemaak waar ons aanlyn van nuwe tegnologie en nuwe beroepe en geleenthede kan leer.

Blommie ·

Ek sal verseker nie oor 50 jaar nog leef nie. Daarom bekommer ek my nie oor wat die wêreld sê nie want GOD is in beheer en more mag dalks net nie aanbreek nie.

Kosie Kramer ·

God se opdrag aan die mens (deur Adam en Eva) is om die Aarde namens Hom te bestuur. Dit beteken dat ons ons móét bekommer oor hoe om dinge beter te doen, en om verandering te verwerk. Ons kannie gods water oor gods akker laat loop nie.

Daar is poste wat nie meer gaan bestaan nie, maar daar gaan ook nuwe poste wees wat geskep word (kyk na IT, as voorbeeld).

Susun ·

Mens se kameraadskap is ook al vervang deur opblaas karfoefel poppe. Enige iets is moontlik in hierdie siek samelewing van die wêreld

CT ·

Daar is reeds n groot werksloosheids syfer. Dit gaan net nog erger en erger word….

JoeV ·

Glo nie gaan vyftig jaar sien nie! Restorante in groot stede is al reeds so geoutomatiseer dat kelners net kyk dat die mansjiene glad loop, meer werktuigkundiges as kelners. Poskantoor in Suid Afrika kan maar vandag toemaak, meer in die pad as iets anders. landmeters, doen lank reeds opmetetings vir kommunikasie netwerke met google live. Gebruik vertaler sagteware om toesprake te vertaal wat Martin M in Engels vir ons voorlees… , vertalers is ook nou tegnikuste!
Daar is baie meer wat wat gaan wegval, motor werktuig kundiges, net soos die goed aanmekaar gesit word kan dit uitmekaar gehaal word om nuwe parte in te sit. Bouers, elektrisieëns, krag uitrusting word nou in “stelle” gemaak wat in mekaar druk, geen bedrading kennis nodig….
En vele meer!

charmaine ·

Wel in SA bestaan van die werk eintlik nie regtig meer nie as jy swakdiens in ag neem of diens wat daar moet wees is nie:
Meterlesers: In SA neem ons self die lesings en stuur per e-pos dit aan die munisipaliteit omdat die lesers noot dit kom neem nie of net n geskatte lesing vat en dan is die bedrag belaglik.

Posman: Diens is daar maar ook maar stadig aangesien hulle van fietse gebruk maak of die poskantoor op n 2 maande staking gaan.

Kitskoswerkers en Kassiere: Buiten die wat ongeskik is en dink hulle doen ons n guns en nie kan pakkies pak nie, is dit ook maar n gesukkel.

So in SA is dit nie nuus nie ons kry op n daaglikse basis met die te doen.

Adriaan ·

n Werk wat in my leeftyd verdwyn het, is tikster. Behalwe vir supermark kassier, is n ander groep mense wat ek nie sal mis nie petroljoggies. Hulle was op n tyd handig om die pad by te vra maar toe kry ons GPS.

Letty-Amn ·

Ondervinding het geleer dat nuwe beroepe met die uitfaseer van ou beroepe ontstaan.
Wie het nou gedink ek sou op 40 ‘n rekenaarnetwerk bedryf?
En noudat ek 60 is kan ek hierdie nuwe tegnologie oral toepas!

Marthinus Willemse ·

Ek is tans werkloos. Voorheen was ek `n “deckhand” op `n duikboot.

Danie ·

Baie van die voorspelling word gemaak op die aanname dat elektrisiteit volhoubaar voorsien kan word. In lande waar dit min of meer ‘n gegewe is sal dit na alle waarskynlikheid seker gebeur. In lande waar dit nie ‘n gegewe is nie is die kanse moontlik heelwat kleiner. Dit sal nogal interessant wees om te kyk na hoeveel van die voorspellings van 50 (en self 100) jaar gelede vandag waar geword het.

James ·

Wat van staatsamptenare, miskien word korrupsie dan stopgesit.

VanAfrika ·

Taxibestuurder: Mense sal veiliger wees op ons paaie.
Posman: baie hartseer, my stiefoupa was posman, baie nederig en hardwerkend en elke dag op sy pos en het goed vir my ouma gesorg op daardie karige salaris.
Vlieënier: daar is nou niks lekkerder om daardie oulike vlieënier in uniform in die vliegtuig te sien en sy stem oor die lug te hoor nie
Busbestuurders: Meer mense gaan veiliger wees op ons paaie
Skakelbordoperateur: In die dae toe die telefoon na die eerste lui nog opgetel was en daar n vriendelike stem aan die anderkant was, nie vandag se elle lange geluiery en as jy deur kom hoor jy n stem wat sê “if you know the extention, please dial it now or wait for the next available operator” n grenslose irritasie.
Kitskosverwerker: gaan ons minder besmette kos kry en verseker wees dat die kos wat bestel word higienies aan ons verkoop word
Skeidsregter: dit wil ek nog sien
Bloemiste: A nee a, daar is soveel mense wat n passie het vir hierdie tipe werk, van blomme rankskik tot troues reel, wat nou as daardie masjien n fout maak met jou blomme vir jou troue.
Telebemarker: ek weet nie wat is erger, iemand wat jou tot sat wordens bel om nonsense aan jou af te smeer of die junk posse wat oor jou selfoon kom en al jou lugtyd opgebruik omdat jy nie betyds hulle “7 a day” foefie “stop” gesit het nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.