As jy al ooit gestrand was in ʼn land waar die plaaslike inwoners nie jou aksent verstaan of jy nie ʼn woord van die inheemse taal kan praat nie, is dié T-hemp jou antwoord!
Drie Switsers, George, Steven en Florian het in 2015 tydens ʼn vakansie in Viëtnam met die idee van ʼn “vertalingshemp” vorendag gekom. “ʼn Hemp hoef nie herlaai te word nie, en jy kan dit so lank hou soos wat jy wil,” verduidelik die drie – as ʼn skertsende verwysing na elektroniese toestelle wat jou soms in die steek kan laat.
IconSpeak is ʼn bruikbare T-hemp met 40 universele ikone – perfek vir dié tye wanneer jy nie die plaaslike taal kan praat nie.
Besoek die webwerf waar jy in die winkel enige van die produkte kan koop
Koop die IconSpeak T-hemp (mans) teen ongeveer $33 (posgeld uitgesluit)
Koop die IconSpeak T-hemp (vroue) teen ongeveer $33 (posgeld uitgesluit)
Slim!
Dit is nou wraggies oulik! Ek wens ek was so vindingryk!
Het al voorheen van hierdie tipe t-hemde gesien
Ek het NOU so T-Hemp nodig. Het voor 1994 in Suid Afrika gewoon……….en sonder om ‘n voet te versit woon ek nou in ‘n “vreemde land”…
Bhaha; sonder om n voet te versit woon ek nou in n “vreemde land”, goed gesê Johan, dit is omtrent so.