Proffie abba baba sodat ma kan leer

Foto: AnnaKhadejah/Twitter

Duisende aanhangers wêreldwyd loof ʼn professor se goedhartige optrede om ʼn ma te help studeer.

Dr. Ramata Sissoko Cisse van die Georgia Gwinnett-kollege in Lawrenceville het onlangs tydens ʼn lesing ʼn student se baba op haar rug gedra sodat die ma op die les kon konsentreer.

ʼn Student het Cisse, ʼn assistent-professor van biologie vir anatomie en fisiologie, gekontak om te hoor of sy dalk haar kind klas toe mag bring, omdat sy nie ʼn babaoppasser kon kry nie. “Sy wou weet of sy die baba klas toe kon bring, want sy het reeds ʼn lesing misgeloop en sy wou nie agter raak nie,” het Cisse aan Yahoo News gesê. “Ek weet die student is baie slim en ambisieus. Sy wil regtig leer.”

Toe die ma egter met die babaseuntjie by die klas opdaag, het Cisse besef dat sy sukkel om te skryf met die baba op haar skoot. Dit is toe die professor se “moederlike instink” oorgeneem het.

Cisse is oorspronklik van Mali. “Ons gebruik gewoonlik lakens en ander materiaal om babas op ons rug vas te maak. My natuurlike instink was om ʼn manier te kry om die baba vas te maak. Daar was ʼn skoon laboratoriumjas op ʼn staander en ek het dit gebruik.”

Sy het die baba op haar rug vasgemaak en drie ure lank klas gegee sodat die ma kon konsentreer en aantekeninge maak.

Cisse se dogter Anna het die foto van haar ma op Twitter gedeel waar dit opslae gemaak het. Cisse is wyd geloof vir haar goedhartigheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dalkbiologie ·

Oh shucks! Lyk vir my na n biologie les. Maar ek Kan ook nie eintlik verstaan wat word verduidelik daar. Maar ek weet as my pa n swak rapport van my gesien het. Sou my boud vel gebrand het. Dalk het prof verduidelik dat as jy nie op let in klas gaan jy siepsop braai boud kry

DS ·

Ek sou ook trots op die vrou gewees het as sy my ma was. Onselfsugtig en duidelik ‘n groothartige omgee mens. Welgedaan Prof! Ag en kyk hoe rustig slaap daai kleinding op die omgee tannie se rug – maak my hart skoon sag.

Witbord ·

Haar bord sê vir my sy moet nie geloof word nie. Ek sal nie kan kop of stert uitmaak uit ‘n les as die bord so lyk nie. Seker nie gehalte onderwys daardie nie..

Leefliefde ·

Wow soveel liefde te LEEF!!. Die bord is só kleurvol en daar is tot rympies by om die biologie terme te memoriseer. Indrukwekkende opvoeder en mens!

Werklik? ·

Is dit werklik al wat jy hieroor kan sê?! So naar en afbrekend

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.