Prokureur sê só weet jy iemand lieg

Skermgreep uit die video

Prokureur Michael Mandell het ʼn video op TikTok gedeel met raad hoe jy kan bepaal of iemand vir jou lieg – en dit het alles te doen met die manier hoe hulle die storie oorvertel.

Soms is dit maklik om te sien wanneer iemand vir jou lieg, maar ander mense kan baie goed spek skiet.

As daar een beroep is waar dit belangrik is om die waarheid uit te snuffel, is dit die regte. Kenners kan gewoonlik maklik die leuen van die waarheid onderskei. Mandell, wat in sake oor persoonlike besering spesialiseer, het ʼn eenvoudige manier gedeel om leuenaars uit te ken.

In ʼn TikTok-video sê hy wanneer jy agterdogtig is oor iemand se storie, moet jy hulle vra om dit weer te vertel. “Mense wat die waarheid praat, sal feite byvoeg en meer besonderhede onthou wanneer hulle die storie oorvertel. Leuenaars het gewoonlik hul storie gememoriseer en sal dit dieselfde hou.”

Nog ʼn truuk is om hulle te vra om die storie agteruit te vertel. “Hulle sal hard moet dink en hoe meer hulle probeer, hoe makliker sal dit wees om die leuen uit te ken.”

Dis moontlik ook nie die enigste manier om ʼn leuenaar uit te ken nie. Kenners sê ʼn rooi vlaggie is ook dat, wanneer mens lieg, jy waarskynlik die gedrag en liggaamstaal van die persoon met wie jy praat sal na-aap. Wanneer jy jok is jou brein besig om seker te maak daar is nie enige foute in die storie nie en is besig met eindelose moontlikhede waarop jy dalk sal moet reageer om die leuen voor te hou. Jou gedagtes is dus só besig met die leuen, dat jy beheer verloor oor jou liggaamstaal en jy kan dan maklik dit naboots wat jy sien.

@lawbymike

Stop falling for people’s lies! Watch this #law #lies #lawyer

♬ Whoopty – CJ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Baardman ·

As ‘n regeringsamptenaar begin praat, moet jy weet hy lieg

Anoniem ·

Thelsa ja, ek stem saam. Net so enige politikus. Kyk hoe lyk ons land!

Misky ·

Dis hoekom niks in ons regering gebeur nie en hulle te hard besig om te dink wat sy oorspronklike liegstorie was en daarby te probeer hou

Wielspore ·

Wanneer is ‘n politikus eerlike, wanneer hy ‘n glossektomie ondergaan het!

Anton J ·

Net vir die humor:
Hoe weet n mens wanneer n prokureer jok? Wanneer hy begin sê: I put it to you that……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.