R129 miljoen vir ʼn nommerplaat

Balwinder Sahani van die Verenigde Arabiese Emirate (Foto: Twitter)

Balwinder Sahani van die Verenigde Arabiese Emirate (Foto: Twitter)

Balwinder Sahani, ʼn Indiese sakemagnaat van die Verenigde Arabiese Emirate, het vandeesweek sowat R129 miljoen (33 miljoen Dirham) vir ʼn nommerplaat op ʼn staatsveiling betaal.

Verlede jaar het Sahani, die eienaar van ʼn eiendom-bestuursmaatskappy, op ʼn soortgelyke veiling ʼn ander nommerplaat van sowat R3 miljoen (1 miljoen Dirham) aangeskaf.

Die nommerplate is onderskeidelik D5 en O9 genommer. Laasgenoemde is die goedkoper een.

Nommerplaat-veilings in die Verenigde Arabiese Emirate is gewild omdat dié plate, veral dié met ʼn kleiner nommer, ʼn statussimbool is. Hoe kleiner die nommer, byvoorbeeld D5, hoe meer is die nommerplaat werd, én hoe meer welaf is die eienaar.

Saeed Al Khouri het in 2008 vir die no. 1-nommerplaat die duurste prys nóg betaal toe hy dié plaat vir ʼn allemintige R204 miljoen (52, 2 miljoen Dirham) aangeskaf het.

Die opbrengs van die veilings gaan na Dubai se pad- en vervoerowerheid.

Bron: Independent

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wiebo

Dit maak mens siek. Ek is honger en het nie eers geld vir brood nie…………… einde van die maand is nog ver………

Voorlaaier

En ek dog R168 miljoen vir i buffel is malligheid!!….

Will i am

So 250 miljoen aan Zuma se eiendom is kleingeld

Will i am

Kleingeld vir ons President

Johan

Dit wys maar net die rykes se arrogansie spandeer totaal van 336 miljoen rand aan nommerplate. Die geld kon 336 gesine se lewe verander het. Maar vir die ryke is die lewe van die arme minder werd as die van nommerplate. Tyd dat die herhaling van die Franse revolusie herleef dat die arme opstaan en vir hulself en hul regte veg.