Balwinder Sahani, ʼn Indiese sakemagnaat van die Verenigde Arabiese Emirate, het vandeesweek sowat R129 miljoen (33 miljoen Dirham) vir ʼn nommerplaat op ʼn staatsveiling betaal.
Verlede jaar het Sahani, die eienaar van ʼn eiendom-bestuursmaatskappy, op ʼn soortgelyke veiling ʼn ander nommerplaat van sowat R3 miljoen (1 miljoen Dirham) aangeskaf.
Die nommerplate is onderskeidelik D5 en O9 genommer. Laasgenoemde is die goedkoper een.
Nommerplaat-veilings in die Verenigde Arabiese Emirate is gewild omdat dié plate, veral dié met ʼn kleiner nommer, ʼn statussimbool is. Hoe kleiner die nommer, byvoorbeeld D5, hoe meer is die nommerplaat werd, én hoe meer welaf is die eienaar.
Saeed Al Khouri het in 2008 vir die no. 1-nommerplaat die duurste prys nóg betaal toe hy dié plaat vir ʼn allemintige R204 miljoen (52, 2 miljoen Dirham) aangeskaf het.
Die opbrengs van die veilings gaan na Dubai se pad- en vervoerowerheid.
Bron: Independent
Dit maak mens siek. Ek is honger en het nie eers geld vir brood nie…………… einde van die maand is nog ver………
ToiToi vir ‘n verhoging.
Verkoop jou nommerplaat as hy iets werd is. Teen 129miljoen kan ‘n klomp brode vir die volgende leeftyd gekoop word. Skandelik. Die wereld is in nood en geld is hier niks vir hulle nie. Wat word van ons ou wereld se waardes….
En ek dog R168 miljoen vir i buffel is malligheid!!….
So 250 miljoen aan Zuma se eiendom is kleingeld
Kleingeld vir ons President
Dit wys maar net die rykes se arrogansie spandeer totaal van 336 miljoen rand aan nommerplate. Die geld kon 336 gesine se lewe verander het. Maar vir die ryke is die lewe van die arme minder werd as die van nommerplate. Tyd dat die herhaling van die Franse revolusie herleef dat die arme opstaan en vir hulself en hul regte veg.
Maak my siek as ek die berig lees; maak my sieker lees as ek sien hoe hulle nie hul rykdom gegun word nie. Die mense HET geld en omdat dit hulle s’n is kan hy daarmee maak wat hy wil. Net soos ons wat minder het, met ons geld mag maak wat ons wil. Hoekom altyd verwyt oor die hoeveelheid mense wat kon gehelp word? Hoekom gaan daardie mense wat so behoeftig is nie en gaan doen wat die ryke gedoen het nie? TREK HULLE HANDE UIT HULLE SAKKE UIT EN MAAK ‘N PLAN. Spandeer die energie waarmee verwyte uitgedink word om geld te verdien.