ʼn Klant het Vrydagmiddag ʼn fooitjie van $10 000 (ongeveer R143 000) vir ʼn kelner gelos ná hy twee glase water bestel het.
MrBeast, ʼn YouTube-ster met nagenoeg 9 miljoen intekenare, het Sup Dog (ʼn warmbrak-restaurant) in Greenville, Suid-Carolina in die VSA besoek. Hy het twee glase water bestel, die spyskaart bestudeer en honderd $100-note op die tafel gelos met ʼn briefie: “Dankie vir die lekker water.”
Bret Oliverio, eienaar van die restaurant, het in ʼn onderhoud met WRAL gesê hy het MrBeast later opgespoor ná die personeel uitgevind het wie dié geheimsinnige klant was. “Hy het gesê hy wou net seker maak almal weet goeie dinge gebeur nog met goeie mense. Ek dink hy wou net iemand se dag maak en wou ʼn ‘wow’-faktor verseker.”
Die kelner was ook vrygewig: sy het slegs $800 vir haarself gehou en die res met haar kollegas gedeel.
New story: Man orders 2 waters at Greenville hot dog joint, leaves $10,000 tip https://t.co/SZ1LsrPuHI #wral
— WRAL NEWS in NC (@WRAL) October 21, 2018
Dis darem maar lekker om geld te kan he, hier in die land sien jy net jou pay slip maar nooit die geld nie.
Hy doen dit gereeld! Gaan kyk n bietjie na sy Youtube kanaal “Mr Beast”. Hy het al pizza aflewerings persooneel verras, mense wat aanlyn speletjies speel en selfs hawelose mense. Groot maatskappye borg hom en dan deel hy die geld so uit. Hy is fantasties!
WoW!!!!!!!!!