R160 000 vir halfgerookte sigaar

Winston Churchill (23 Augustus 1939) Foto: AP Photo

Wat koop mens vir iemand wat alles het? Een welgestelde koper het $12 000 (ongeveer R160 000) vir ʼn halfgerookte sigaar opgedok by ʼn onlangse veiling, omdat dit aan Sir Winston Churchill behoort het.

Die voormalige Britse eerste minister het die sigaar op 11 Mei 1947 by Le Bourget-lughawe in Parys gerook, het die Amerikaanse afslaers RR Auction gesê.

William Alan Turner, ʼn lid van die vlugbemanning op dié dag, het dié klein stukkie geskiedenis, ongeveer 10 cm lank met ʼn rooi- en goudkleurige bandjie met Churchill se naam daarop, bewaar.

“Hy het die sigaar in ʼn asbak gedoof toe hy aan boord gekom het, en ek het die oorskot bewaar,” het hy in ʼn handgeskrewe nota agterop ʼn foto wat die sigaar vergesel, geskryf. Die foto wys hoe Churchill op die vliegtuig klim, sigaar in die hand.

“[Die sigaar] is ʼn integrale deel van Churchill se openbare beeld en ʼn wonderlike stukkie geskiedenis,” aldus die afslaers.

Die koper se naam is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Piet Pompies ·

Ek ht ‘n half-gerookte joint wat ek vir R16 sal verkoop.

SAPS ·

Dear @Piet Pompies

We are Most interrested, we will be in contact shortly.

Erick ·

Pietie,ek sien daar is nou vlugte na St Helena. Jy moet spring voor SAPS jou kry.

Jaco ·

LOL…SAPS sal nie meer worry nie, joints is mos nou wettig, solank jy dit in die gemak van jou eie huis gebruik of so iets…

Willie ·

Hoe absoluut banaal het die elite rykes geword. Geen sin vir waarde nie, net ‘n lekker manier om te wys hoe ryk hulle is.

Hannes ·

Ag toe nou. Die koper wou nie sy naam bekend maak nie so hoe wou hy wys hy is ryk?

bollie ·

Beslis die moeite werd vir slegs $12000. ‘n Belegging wat net sal groei. Behoort ‘n spoggerige prys op 11 Mei 2047 te behaal.

Sputnik ·

Wil SAPS vir Piet Pompies meer aanbied as wat sy prys is? Hulle weet mos waar hul, hul eie voorraad kan kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.