R8,6 miljoen vir ʼn parkeerplek

Argieffoto (Foto: FranckinJapan, Pixabay)

ʼn Parkeerplek is sopas vir US$664 000 (R8,6 miljoen) verkoop in Hongkong – ʼn nuwe wêreldrekord.

Hongkong is reeds die wêreld se duurste huismark per vierkante meter.

“Dis omtrent soveel soos die prys vir ʼn woonstel in Hongkong,” het Lennon Choy, ʼn professor in eiendom en konstruksie aan die Universiteit van Hongkong, gesê. “Dis eintlik bietjie mal.”

Die koper is Kwan Wai-ming, ʼn uitvoerende direkteur van Huarong Investment Stock Corp, aldus plaaslike media. Sy maatskappy wou nie kommentaar lewer nie.

Die bedrag is ʼn nuwe wêreldrekord. ʼn Parkeerplek is in 2012 vir $387 000 verkoop en in 2016 is ʼn parkeerplek vir $615 000 in Hongkong verkoop, berig The New York Times.

Kwan besit reeds eiendom in dieselfde woonstelblok, The Upton in Sai Ying Pun, waar die parkering geleë is. Hy het vroeër twee woonstelle vir $9,7 miljoen aangeskaf en twee ander parkeerplekke vir $995 000, aldus die Hongkong-eiendomsregister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Koos1 ·

Toe ek die opskrif lees, dink ek klaar weer aan ‘n Nkandla bedrog spul.

Leon ·

Hy gaan dit seker nou omskakel in ‘n woonstel blok soos ek hulle ken…… LMGA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.