Die beamptes het dierehanteerders ontbied wat gehelp het om die tierwyfie te vang. Die tier het ʼn halsband en leiband aangehad wat die vermoede geskep het dat sy iemand se troeteldier is. Die Conroe-polisie het foto’s van die tier op sosiale media gedeel en die eienaars versoek om hulle te kontak.
Volgens CNN is die raaisel binne ʼn dag opgelos. ʼn Polisiewoordvoerder het aan die nuusagentskap gesê dat die tier een van die diere is wat uit ʼn nabygeleë reddingsplaas ontruim moes word weens erge vloede in die gebied. Die tier se hanteerder het glo die dier aan ʼn inwoner in Conroe toevertrou, wat nie geweet het hoe om na die tier om te sien nie en die tier het ontsnap.
Die tier is intussen na ʼn plaaslike diereskuiling geneem. CNN berig die betrokkenes in die saak kan moontlik beboet word omdat hulle die tier sonder die nodige permitte aangehou het.
Die tier was die inwoner in Conroe se tier. (Spreekwoordelik en nie as eienaar).