Raaisel oor Titanic-toneel uitgeklaar

Die toneel in Titanic.

Die toneel in Titanic.

Vir amper 20 jaar lank al bespiegel aanhangers van die rolprent, Titanic, waarom Jack (Leonardo DiCaprio) nie saam met Rose (Kate Winslet) op die houtdeur kon klim en dus ook kon oorleef nie.

Die program MythBusters het in 2012 hierdie scenario herskep en beweer Jack kón wel oorleef het.

James Cameron, skrywer en vervaardiger van die rolprent, het uitendelik Donderdag die raaisel opgeklaar. “Kom ons dink onsself in die situasie in,” sê Cameron, “Jy is Jack, die water is -2 grade en jy is besig om hipotermie te kry. Volgens Mythbusters moet jy nou jou en haar reddingsbaadjies afhaal en onder die plank inswem om dit daaraan vas te maak. Alles vat vyf tot tien minute. Teen hierdie tyd is jy reeds dood.”

Cameron het ook gesê die draaiboek is so geskryf dat Jack sy plek vir Rose opgee sodat sy kan oorleef. “Dis so eenvoudig soos dit. Sy beste keuse was om sy bolyf buite die water te probeer hou en om te hoop ʼn reddingsboot kom verby voor hy dood is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Softie ·

Seker een van die beste flieks, indien nie die beste, wat ek ooit gesien het. Gebaseerop feite, met die fiksie-deel van Rose en Jack hartverskeurend. Goeie flieks eindig meesal hartseer.

Jan Nel ·

Nee, die kombuislaai waarop die kameraman moes dryf was ook te klein om uit te help.

Jan ·

Die kykers moes dit toe self uitgewerk het, want dit word nou eers aan ons vertel hoe ons toentertyd moes gedink het. Wat was verkeerd daarmee om dit in ‘n pamflet vir die fliekgangers te gee sodat hulle die aanwysings kon volg.

Jakalas ·

Ek volg alles wat oor die skip, het talle dokumentere (waarvan een ook ‘n 3D dokumentêr is) en het tot die film in 3D. Ek kan nog onthou toe hulle op Mythbusters hierdie storie getoets het. Toe hulle vir James Cameron dit voor gee, het hy net gesê, Jack moes in die film dood gaan. Dis maar wat hulle beplan het wat met hom moes gebeur.

As jy my opinie wil hê, sal ek sê dit is nie so far fetched nie. Dink mens regtig hy het nigter gedink toe hy daar gedryf het.

Chris ·

Die hoofrede omdat hy nie ook op die deur geklim het nie, want hy het nie ‘n swembroek aangehad nie.

Grootleeu ·

Ja Mythbusters, dit onrealisties omdat die held, ‘n ongeskoolde arbeider, die verkeerde besluit geneem het (eerder as die besluit wat kenners sê, met gewig, digtheid , menslike fisiologie en die aankomstyd van die reddingsskip in ag geneem, die regte een sou wees). Hy moes mos geweet het.

Nico ·

It’s not the job of the artist to give the audience what the audience wants. If the audience knew what they needed, then they wouldn’t be the audience. They would be the artists. It is the job of artists to give the audience what they need. -Alan Moore

As hulle gelukkig tot in alle ewigheid gelewe het aan die einde van Titanic, sou dit nie so goeie fliek wees nie. Net nog ‘n liedfdes verhaal. Juis agv die tragedie en die hartseer, onthou mens dit as een van die beste flieks.

Dink dis ook hoekom Game of Thrones so goed is, want dit wat jy wil hê moet gebeur, gebeur nooit.

Knersus D ·

Dis die een fliek wat my hartstogtelik laat huil het. DIt was die oomblik toe Kate weer haar bloes aan getrek het.

Bibos ·

Dit was egter ‘n heugelike dag vir die krewe in die kombuis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.