Randlose swembad gaan 360°-uitsig bied

Infinity London Foto: Compass Pools

ʼn Randlose swembad word vir Londen beplan, en as mens na die ontwerp kyk, lyk dit of dit ʼn asemrowende ervaring gaan wees.

Die ontwerp vir die 600 000 liter-swembad, genaamd “Infinity London”, is deur Compass Pools onthul. Die swembad word bo-op ʼn 55 verdieping hoë gebou opgerig. Die vloer en kante van die swembad sal deursigtig wees.

“Toe ons die swembad ontwerp het, wou ons ʼn ononderbroke uitsig hê – bo en onder die water,” het Alex Kemsley, ontwerper en tegniese direkteur van Compass Pools, verduidelik.

Hoe klim mens in dié swembad? Volgens die maatskappy se webwerf sal swemmers toegang tot die swembad bekom deur ʼn roterende spiraaltrap wat op die deur van ʼn duikboot gebaseer is. Dit sal van die bodem van die swembad uitstyg as iemand wil inklim of uitklim.

Besoekers in die gebou (onder die swembad) sal dus deur die bodem na die swemmers en die lug bo hulle kan kyk.

“Daar was verskeie tegniese uitdagings,” het Kemsley bygevoeg. “Dit grootste een was hoe om in die swembad te kom. Gewoonlik sou ʼn leer kon deug, maar ons wou nie trappe buite die gebou of die swembad hê nie, omdat dit die uitsig sou belemmer.”

Die swembad sal verhit word as ʼn byproduk van die lugverkoelingstelsel van die gebou. Die ligging van die swembad, of wanneer dit gereed sal wees, is nog nie bekend gemaak nie. Bouwerk begin in 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jacques die Goodwoodianer ·

Nee, dankie.

Ek kry vir my ñ “porter-pool” of ek ry see toe.

Ek sê maar net ·

Die in- en uitklim gaan moeilik wees as ek so na die kiekies kyk :))

Tina ·

Lyk vir my onveilig alhoewel dit ‘n baie mooi uitsig is. Mens moenie hoogte vrees he nie.

kolla ·

Ek is een van daai ongelukkige ouens wat op een of ander manier ‘n metode sal vind om uit daai swembad te val. Moet liewer ver wegbly.

kolla ·

Die rand van die swembad is waarskynlik heelwat hoër as die oppervlak van die water, mens kan dit nie sien nie. Kan nie anders wees nie want dit sal vrek gevaarlik wees andersins.

My mening ·

Ek wonder hoe lank gaan dit vat voor die eerste swemmer uitval. Ek dink nie die swembad is baie prakties of gaan vreeslik aftrek kry na die nuutjie verby is nie.

Wynand ·

Nee wat as jy gesuip is gaan jy soos superman daar af vlieg ????????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.