Reeksmoordenaar wen koekbakkompetisie

Fred en Rose West (Foto is aan die Britse pers beskikbaar gemaak tydens die moordverhore) (Wikimedia)

Die berugte reeksmoordenaar Rose West het met die eerste prys weggestap in ʼn koekbakkompetisie in die tronk waar sy aangehou word.

Die 64-jarige is in 1995 skuldig bevind op aanklag van die moord op 10 vroue en meisies in Gloucestershire, Engeland, waaronder haar tienerdogter Heather en agtjarige stiefdogter, Charmaine. Sy is in aanhouding in HM Prison Low Newton in Engeland.

West is glo lief daarvoor om te bak en het die kompetisie met haar Victoria-sponskoek gewen. Volgens bronne hou sy daarvan om met haar kookvernuf te spog voor medegevangenes en om só mense se goedhartigheid te wen.

ʼn Bron het aan die Daily Star gesê West gebruik haar kookvernuf om mense te “wen”. “Daar is ʼn paar baie gewelddadige vroue in die vleuel en baie is aggressief jeens West oor haar misdade. Maar sy los gewoonlik die probleem op deur vir hulle koekies en ander gebak aan te bied.”

Die meeste misdade waarvoor Rose gevonnis is, het tussen April 1973 en Augustus 1979 plaasgevind. Sy het haar agtjarige stiefdogter Charmaine vermoedelik ná 15 Junie 1971 alleen vermoor en haar liggaam in die kelder van haar en haar man Fred se vorige huis gestoor terwyl hy nog in aanhouding was vir die diefstal van motorbande en ʼn voertuiglisensieskyf. Fred het Charmaine begrawe toe hy op 24 Junie vrygelaat is. Toe Charmaine se ma na haar kom soek het, het Fred haar ook vermoor.

Rose en Fred het hul 16-jarige dogter Heather verkrag en vermoor en daarna onder hul stoep in die tuin begrawe.

Fred het op 1 Januarie 1995 sy eie lewe geneem terwyl hy verhoorafwagtend was op aanklag van 12 moorde. Rose is in dieselfde jaar skuldig bevind op aanklag van 10 moorde en is lewenslange tronkstraf opgelê.

Sy het tydens haar verhoor gesê sy was onbewus van die moorde wat by hul huis plaasgevind het. Van die vroue wat vermoor is, het ʼn kamer by die egpaar gehuur.

Ondanks die gewelddadige misdade wat sy gepleeg het, word sy toegelaat om onder streng toesig te bak en messe te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Judge Dredd ·

En toe hulle haar vra wat haar kookvernuf geheim is, toe antwoord sy – ” Ek sit so
2-3 eetlepels miergif in elke baksel”.

nee dankie ·

nie ‘n manier wat ek die kans sal vat om eers op een van haar cup cakes te trap nie

Tania Heyns ·

Dagsê Marinda

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Niklaas ·

Lyk my sy koop haar eie veiligheid met gebakte koek en terte. Ek dink nie sy sal ooit uit tronk uitkom nie. Daardie vonnis is werklik lewens lank !

AmY ·

Dalk moes sy haar lankal op koekbak toegespits het, dan kon sy miskien meer in die lewe bereik het.

Ek sien ‘n nuwe program kom : Masterchef, Prisoner…

waarheid ·

Hierdie moordenaar en moordenares verdien geen voorregte nie.
Hulle het alle voorregte van hulle slagoffers ontneem – om nie eers te praat oor die slagoffers se lewens wat hulle verloor het nie.
Hulle verdien om net in ‘n sel te sit en te dink oor die moorde wat hulle gepleeg het.

Wenner ·

Daar is nie n MANIER wat ek een van daai gebakstukke sal beproef nie. Netnou het sy n slegte dag gehad, en sy besluit sy gaan so n bietjie arseen op my uitprobeer?

Catherine Walters ·

I believe she has studied to become of one of Jehovah’s Witnesses in prison.

Shim ·

Waarheid ek stem saam jou! Hulle verdien nie eers so berig nie.

My mening ·

Dis altyd vir my so erg dat mense wat sulke gruweldade gepleeg het net kan aangaan met hul lewe, al is dit dan in die tronk. Hulle het ander mense se reg om te leef eenvoudig vernietig en tog word hulle toegelaat om dinge te doen wat hulle geniet. En soveel kere is hulle dan die arme slagoffers, soos nou weer met die man wat die dogtertjie in die Dros verkrag het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.