Reëls vir my seun

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Seuns het reëls nodig. Moenie spoeg nie. Moenie swem nie. Moenie baklei nie. Ons hou nie altyd daarvan nie, maar dis nog steeds nodig. Reëls hou ons veilig, verminder onsekerheid en moedig vredeliewende sosiale interaksie aan. Dit is die eenvoudigste en mees doeltreffende manier om wysheid van een generasie na ʼn ander oor te dra. Kortweg, reëls is ʼn goeie ding!

Só skryf Walker Lamond in sy boek, Rules for my Unborn Son.

Volgens hom het “reëls” iewers ʼn slegte naam gekry – mense wou vryheid hê en outoriteit is bevraagteken. “Reëls is beskou as hindernisse tot individualisme en vooruitgang.”

Hy verduidelik sy pa was ʼn goeie man, en die reëls wat sy pa gehad het, het hy by sý pa geleer en die oupa het dit, waarskynlik, by sý pa geleer. “Dit het alles gedek, van sy kleredrag tot saketransaksies… Daar is dinge wat ʼn Goeie Man doen, en dinge wat hy nie doen nie. My pa was ʼn goeie man, en hy was die tipe mens wat ek graag wou word.”

Die 43-jarige Lamond het besluit om ʼn paar van dié reëls vir sy ongebore seun in ʼn boek gepubliseer. Sy seun is gebore kort ná die boek gepubliseer is. Hy het daarna ook die boek, Rules for my Newborn Daughter, uitgegee.

Lamond is ʼn dokumentêrefilmvervaardiger en sy werk is al onder andere op National Geographic en die Discovery Channel vertoon.

Die webjoernaalskrywer Aaron Conrad het ʼn paar van die reëls uit die boekie saamgestel en op sosiale media gedeel waarna dit wyd versprei het.

Reëls vir my seun
ʼn Paar gunstelinge uit die boek Rules for my Unborn Son

1. Moet nooit ʼn man se blad skud terwyl jy sit nie.
2. Daar is verskeie maniere om in ʼn swembad te kom. Die trappe is nie een daarvan nie.
3. Die man by die braaier is die naaste ding wat ons aan ʼn koning het.
4. Moet nooit die eerste aanbod maak tydens ʼn onderhandeling nie.
5. Tree op asof jy reeds die plek besoek het, veral by die doellyn.
6. Versoek om laat uit te boek [by ʼn hotel/gastehuis]
7. Wanneer iemand ʼn geheim aan jou toevertrou, bewaar dit.
8. Meet jou helde teen ʼn hoër standaard.
9. As jy iemand se motor geleen het, gee dit terug met ʼn vol petroltenk.
10. Moenie jouself versadig eet aan brood nie.
11. Wanneer jy iemand se blad skud, doen dit met ʼn stewige greep en kyk hom in die oë.
12. Moenie ʼn wensbeentjie groei waar jou ruggraat moet wees nie.
13. As jy musiek op die strand nodig het, mis jy die punt.
14. Dra twee sakdoeke: die een in jou agtersak is vir jou. Die een in jou borssak is vir haar.
15. As jy met die meisie trou, trou jy met haar hele familie.
16. Wees soos ʼn eend: bly kalm op die oppervlak maar roei vir ʼn vale onder die oppervlak.
17. Ervaar die vrede om alleen te reis.
18. Moet nooit bang wees om die mooiste meisie in die kamer uit te vra nie.
19. Moet nooit ʼn asemverfrisser van die hand wys nie.
20. Probeer om jou eie huldeblyk te skryf. Moet nooit ophou om daaraan te bly wysig nie.
21. As jy wil weet wat jou uniek maak, vra ʼn karikatuurkunstenaar om jou te skets.
22. Eet middagete saam met die nuwe persoon [by die werk/skool]
23. As jy uit woede vir iemand ʼn e-pos geskryf het, lees dit noukeurig deur. En dan vee jy dit uit.
24. Vra jou ma om met jou te speel. Sy sal jou nie laat wen nie.
25. Gaan kyk flieks op die silwerdoek.
26. Gee krediet. Wees aanspreeklik as jy ʼn fout begaan het.
27. Ry in die voorste karretjie op ʼn tuimeltreinrit.
28. Dans met energie.
29. Vermy skindernuus.
30. Moenie tyd mors met ʼn mooi horlosie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

bestse reel ·

moenie ‘vrouens’ he nie
kies een en bly by jou keuse

Paul ·

Moenie Springbokrugby kyk nie, dit maak jou depresief en later haal jy dit op jy vrou uit. Dalk verband jy die braaivleis, of jy het te min hout op gesit. Jy het vergeet om vir haar ‘n drankie te skink.

Hannelie van Deventer ·

Kan jul dalk ‘n paar gunstelinge uit die boek Rules for my newborn Daughter ook plaas asb?
Baie dankie.

Kobus ·

Jy het gevra, so hier is dit…. Gee die man in jou lewe persoonlike ruimte. Net omdat jy in n verhouding is, bereken nie julle is “joined at the hip” nie. Persoonlike ruimte is BAIE belangrik, jip, dis selfs belangriker as “DIT”. :)

Danie ·

Leen net soveel geld uit as wat jy bereid is om te verloor.

Nanna ·

Praat altyd die waarheid, want dan hoef jy nie te onthou wat jy gesê het nie.
Moenie dat jou meisie se pa agter kom dat jy van party goed meer weet as hy nie.
Gee jou sitplek af aan dames. Ongeag hul ouderdom.
Vriendelikheid kos niks.

Anton ·

Net n “gentleman” weet wat n dame is. As jy in die verlede leef sterf jy in die hede.

Simone ·

Huis take is nie net vir vrouens nie….. Sy is jou vrou nie jou slaaf nie

Happy wife, happy life

Frikkie ·

Voor ek kinders gehad het, het ek altyd gedink as daardie my kind was…………….
He he he, wag eers dat hulle groot is dan jy gee advies aan ouers!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.