Renosterkalfie sit vas in die swaai

Qabid, die renosterkalfie (Foto: Edinburgh-dieretuin/YouTube)

Brandbestryders moes ʼn renosterkalfie bevry wat by ʼn dieretuin vir langer as ʼn uur in ʼn buitebandswaai vasgesit het.

Personeel by die Edinburgh-dieretuin in Skotland het die brandweer ontbied wat van meganiese toerusting gebruik moes maak om Qabid, ʼn twee jaar oue renosterkalfie, te bevry.

Volgens die dieretuin speel Qabid graag op dié swaai maar sy kop en been het Sondagmiddag in die buiteband vasgesit en hy kon nie self loskom nie.

Qabid is eers verdoof voor brandbestryders hom bevry het. Hy is nie beseer nie.

Qabid is in België gebore en is in Julie vanjaar na die dieretuin in Edinburgh oorgeplaas. Die dieretuin het verskeie renosters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Abe ·

Ek kan my moeilik indink dat n renosterkalf op n swaai speel. Hoe dit ook al moontlik is, behoort dit sekerlik nie toegelaat te word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.