Reuse aartappelslaaipartytjie ná suksesvolle projek

'n Skermskoot van die Kickstarter-projek

‘n Skermskoot van die Kickstarter-projek

ʼn Man wat grappenderwys ʼn projek begin het om geld in te samel om ʼn aartappelslaai te maak en toe meer as R600 000 ingesamel het, gaan sy woord gestand doen en ʼn groot aartappelslaaipartytjie hou.

Zack Brown van Columbus in Ohio, Amerika, het vroeër vanjaar grappenderwys ʼn projek op die skarefinansieringswebwerf Kickstarter gelaai en aangedui dat hy $10 (net meer as R110) benodig om ʼn lekker aartappelslaai te maak. Duisende mense het Brown se projek ondersteun.

Brown het besluit om Saterdag ʼn groot partytjie, genaamd PotatoStock 2014, te hou. Daar sal onder meer optredes, kosstalletjies, aartappelsakresies en natuurlik aartappelslaai wees.

Die Idaho-aartappelkommissie en ander korporatiewe donateurs het die nodige voorraad geskenk sodat Brown en vrywilligers meer as 130kg se aartappelslaai kan maak vir die partytjie.

Die Columbus Dispatch berig intussen dat Brown van die geld wat hy gemaak het aan welwillendheidsorganisasies geskenk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.