Clark, ʼn reuseskilpad wat byna 70 kg weeg, is veilig terug by die huis nadat polisiebeamptes hom in die straat opgespoor het.
ʼn Lid van die gemeenskap het Clark in die straat in Alhambra, Kalifornië, sien stap en die polisie ontbied. Die Alhambra-polisiedepartement het ʼn foto van die skilpad met verdere besonderhede op sy Facebook-blad gelaai en die eienaar het uiteindelik met hulle in verbinding getree.
Dit is nie wettig om ʼn reuseskilpad as troeteldier aan te hou nie, maar die polisie het gesê hulle het in dié geval ʼn uitsondering gemaak.