Robot-sterte vir bejaardes

Skermgreep uit die video

Oumense moet sterte hê, volgens navorsers by Tokio se Keio-Universiteit.

Dié navorsers het ʼn tipe robotstert ontwerp wat die bewegings van ʼn regte stert namaak en kan bejaarde persone help met hul balans.

Navorser Junichi Nabeshima het gesê die 1 meter lange toestel word aan mens se middel vasgemaak met ʼn harnas en werk soos ʼn pendulum. Wanneer die persoon dus in een rigting beweeg, beweeg die stert in die teenoorgestelde rigting.

Die robotstert funksioneer deur middel van vier kunsmatige spiere en saamgeperste lug wat die stert toelaat om in agt verskillende rigtings te beweeg.

Wetenskaplikes stel ook ondersoek in of die robotstert persone kan help wat ekstra balans benodig – soos pakhuiswerkers wat swaar vrag ronddra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ra Amon Khan ·

As hulle sterte moes hê sou Evolution en Natural Selection dit vir hulle gegee het na 476 biljoen jaar.

TJ ·

Lyk oulik, maar hulle sal iets aan die geraas moet doen. Dis bietjie erg ????

piperno ·

Baie oulik. nou wonder ek hoekom die olifant se stert dan voor is? :-)

Pensioenaris ·

O my magtig sien my al met n stert.Ha-ha. Terug berge toe met ons ou mense met sterte.

kolla ·

Vierkantige platvorms onder aan skoene/voete (‘n voldoende grootte kan wetenskaplik bepaal word) klink vir my na ‘n goedkoop en meer praktiese metode.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.