Roerende oomblik toe olifant haar dogter ná 12 jaar sien

Foto: Halle-dieretuin/Facebook

ʼn Foto wys die roerende oomblik toe ʼn ouma-olifant haar dogter vir die eerste keer ná 12 jaar sien.

Die reünie het by ʼn dieretuin in Halle, Duitsland, plaasgevind toe die 39-jarige Pori van Berlyn na dié dieretuin geskuif is, berig die Daily Mail.

Die foto wys hoe Pori en haar dogter met hul slurpe mekaar groet.

Volgens die plaaslike nuuswebwerf Bild het Pori vir die eerste keer ná 12 jaar weer haar dogter, die 19-jarige Tana, gesien. Pori het ook haar kleindogters Tamika (4) en Elani (1) ontmoet.

Olifante is ʼn matriargale groep waar die koeie lewenslank ma’s bly. Bulle verlaat gewoonlik die trop om ʼn maat te gaan soek.

Die Halle-dieretuin het roerende foto’s gedeel waar Pori weer haar familie sien. Sy sal aanvanklik in ʼn afsonderlike hok aangehou word en die geleentheid gebied word om weer haar dogter te leer ken.

Pori is in 1981 in Zimbabwe gebore. Sy is in 1983 na Duitsland geskuif.

PORI IST DA!Heute Nachmittag ist die afrikanische Elefantenkuh Pori (39 Jahre) wohlbehalten aus Berlin bei uns…

Posted by Zoo Halle on Thursday, August 20, 2020

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alet ·

Bring hulle asb weer terug na hul geboorte land…Olifante in hokke is nie normaal nie. Mense doen dit vir geld en geen plesier nie.

christo ·

Ek kan nie verstaan hoekom wilde diere aangehou moet word in gevangenisskap omdat hulle ‘mooi’ is om na te kyk nie.

Sandra ·

Dit is vreeslik hartroerend, dis net ‘n jammerte dat hulle in die eerste plek in ‘n dieretuin moet wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.