‘Romeo en Juliet’- babas raak harte aan

Foto: Cassie Clayshulte Photography

Foto: Cassie Clayshulte Photography

Twee babas, wat etlike ure na mekaar in die VSA gebore is, se verhaal het almal met ʼn romantiese streep se harte aangeraak.

Die babas, wat nie verwant is nie, is in dieselfde hospitaal in Hardeeville in die deelstaat Suid-Carolina gebore en toevallig Romeo en Juliet gedoop. Die seuntjie, Romeo Hernandez, is vandeesmaand op ʼn Sondag gebore en 18 ure later het Juliet Shifflett haar verskyning in die wêreld gemaak.

Die hospitaal se fotograaf, Cassie Clayshulte, het dié ontdekking gemaak toe sy kiekies van die pasgebore babas geneem het. Sy het albei ouers se toestemming gevra om die tweetjies saam af te neem en hulle het dadelik ingestem toe hulle die nuus hoor. Romeo en Juliet is ook in die kamers langs mekaar gebore.

Volgens ʼn onderhoud met die ouers is albei name reeds maande vooraf gekies en die ouers het mekaar vir die eerste keer in die hospitaal ontmoet.

“Ons het reeds ʼn klomp grappies begin maak toe ons die tweetjies so saam sien. Ek het vir die ouers gesê as hulle my solank vir die troue wil bespreek, is dit reg so,” het Clayshulte gesê.

Ons almal ken Romeo en Juliet se verhaal, maar ons glo dié tweetjies sal ʼn baie beter storie hê om te vertel…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Denise ·

Wat n pragtige storie darem iets wat my hart bly maak en die tweetjies is te oulik salig onbewus wat gebeur het!!!!!

Susan ·

Hoe oulik is dit nie. So lekker om so ñ mooi rubriek te lees. Niks van haat moord en geweld nie as die wêreld maar net so kan wees. Mag die Here net die ouers sê Harte verbly en mag hul goeie huis vriende word. ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.