Rose wat vir 3 jaar sonder water kan leef, nou te koop

Foto: foreverrose.ae

Foto: foreverrose.ae

Forever Rose, ʼn maatskappy wat in Londen gebaseer is, verskaf rose wat vir drie jaar sonder water en sonlig kan oorleef. Hoewel ʼn mens sou dink dat hierdie rose van plastiek of materiaal gemaak is, is dit die ware Jakob.

Dié roos is ʼn skaars soort wat deur boere in Ecuador gevind is en wat in gebiede voorkom waar daar volop vulkaniese aktiwiteite is. Die roos leef baie langer as ander blomme wat ook in die gebied voorkom.

Hierdie roos is nou in die Verenigde Arabiese Emirate beskikbaar en ʼn enkele roos sal jou ongeveer R2 000 uit saak jaag.

Die Bella-reeks van die maatskappy is veral gewild omdat dié roos in ʼn glashouer geplaas word, nes in die Disney-storie “Beauty and the Beast”. ʼn Enkele roos saam met ʼn glashouer kos ongeveer R3 500 en kom in kleure soos swart, blou, groen en rooi voor.

Die maatskappy spesialiseer ook in gewone rose en verskaf selfs rose aan koninklikes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

yvette ·

Net wat ons nodig het in die droogte! Maroela is daar nie erens saadjies of plantjies nie! Die fantasties mooi! Dankie.

Paul ·

Die blomme leef nie. Dit word met gliserien gepreserveer en hou dan jare lank solank dit juis nie in die son of in klammigheid staan nie. Dis nie dat dit drie jaar sonder water of sonlig KAN leef nie, dit moet juis UIT die son en weg van watet gehou word, anders sal dit uitdroog of verrot. Mense doen dit al jare met rose – kan dit maklik by die huis doen.
Dis g’n ʼn spesiale soort roos uit die berge van Ecuador nie! Rose kom nie eers natuurlik voor in Suid-Amerika nie. Daai is eenvoudig ʼn bemarking-liegstorie vir goedgelowiges.

Johann Jordaan ·

Kan niks anders wees nie, dis nog te vêr na ! April!!

Bep ·

@ Paul…hoe kry hulle daardie spesiale kleure? Ek is nogal baie geïnteresseerd in hierdie metode van roos preservering.

RoosDoring ·

Nou maak Bles Bridges se liedjie “Gee haar ‘n roos” sommer baie sin!
Jy gee net een en vir drie jaar kan die man elke dag sê -“Ek hoop jy hou nog van jou roos skat!”

TDW ·

R2000 vir een gepreserveerde roos?
Ons moenie ons so laat mislei nie!

ja ·

Moet se die pers is baie mooi… Maar ek sal dit nie betaal vir n blom nie

ai ·

Seker maar gemaak vir mans wat in baie groot moeilikheid by die vroutjie is…

Moira ·

Besoek Willowbridge Mall. Daar is n stalletjie waar ek my teal rose al meer as 3 jr terug gekoop het. En hul lyk nog net soos die 1ste dag. En ek het maar R45.00 n roos betaal. Dit is nie hierdie lap rose nie. Regtig baie mooi.

Sandi Viljoen ·

Aai mense!! Die rose is al 8 jaar beskikbaar in SA. iluba Longlife Flowers is die produsente van die rose en voer hulle uit na UEA, Suadi Arabia, Europa, Engeland, en die Verre Ooste. Hulle is selfs in Potch beskikaar. Vir meer inligting: [email protected]

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.