Rot verslind byna R243 000 kontant in kitsbank

Argieffoto (Foto: cwhiteharp, Pixabay)

Tegnici in Indië is ontbied om ondersoek in te stel waarom ʼn kitsbank al dae lank nie meer wou werk nie. Toe hulle die masjien oopmaak, het hulle 1,2 miljoen roepees (meer as R242 000) gevind wat versnipper is, het ʼn beampte van State Bank of India (SBI) gesê. Daar was ook ʼn dooie rot wat op een of ander manier die masjien se sekuriteitskamera ontwyk het.

“Die kitsbank was ʼn paar dae lank buite werking en toe ons tegnici die masjien oopgemaak het, was hulle geskok om op die versnipperde note en ʼn dooie rot af te kom,” het Chandan Sharma, takbestuurder van SBI in Tinsukia, Assam, gesê. “Ons stel ondersoek in hoe dié seldsame gebeurtenis plaasgevind het en sal maatreëls instel om te voorkom dat dit weer gebeur.”

SBI is Indië se grootste bank met meer as 50 000 kitsbanke landswyd. Meeste kitsbanke het kringtelevisiekameras vir verhoogde sekuriteit. Beeldmateriaal wys egter glad nie hoe die rot in die masjien beland het nie. Daar was oorspronklik 2,9 miljoen roepees (meer as R580 000) in die kitsbank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mornay ·

Hy wou seker nie meer n arm kerk muis genoem gewees het nie

Seker ·

Die rot is nou nie ‘n fat cat nie, maar seker ‘n fat rat?

sandra ·

Ek het nog nie ‘n paper mache (spelling?)rot gesien nie, wonder hoe sou dit lyk?

volla ·

Baie wreed, dis ‘n saak vir die SPCA. Ondersoek moet ingestel word na die rot se dood, dalk giftige ink.

Veritas ·

Die Guptas kan maar net weer kom haal uit hulle spaarvarkie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.