ʼn Groep Suid-Afrikaanse dansers dans ʼn storm los op die internet nadat die Kaapse choreograaf Rudi Smit ʼn video van hulle gemaak het en op YouTube gelaai het.
Dié video, wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het enkele ure nadat dit gepubliseer is, is al reeds meer as 280 000 keer op YouTube besigtig.
Smit het die dansroetine uitgewerk op die maat van Meghan Trainor se “Me Too”, met die hoop om dié Amerikaanse popsensasie se aandag te vestig op die talent wat in Suid-Afrika ontgin kan word.
Trainor het gereageer op die video deur in ʼn twiet aan Rudi die dansers se lof te besing.
Kyk na die video om te sien hoe dié groep Trainor se aandag getrek het:
Wat n uitstaande dansgroep! Hou so aan julle!
Is mal daar oor. Ons hoef vir niemand terug te staan nie
Dis fantasties! Baie goeie tydsberekening #rudismitdancesa
Rudi uitstekend! Ek hoop en vertrou dat hierdie puik inisiatief vir julle groot internasionale blootstelling en baie werk sal inbring.