SA dansers kry twiet van Meghan Trainor

Meghan-Trainor

Meghan Trainor. Foto: Facebook.

ʼn Groep Suid-Afrikaanse dansers dans ʼn storm los op die internet nadat die Kaapse choreograaf Rudi Smit ʼn video van hulle gemaak het en op YouTube gelaai het.

Dié video, wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het enkele ure nadat dit gepubliseer is, is al reeds meer as 280 000 keer op YouTube besigtig.

Smit het die dansroetine uitgewerk op die maat van Meghan Trainor se “Me Too”, met die hoop om dié Amerikaanse popsensasie se aandag te vestig op die talent wat in Suid-Afrika ontgin kan word.

Trainor het gereageer op die video deur in ʼn twiet aan Rudi die dansers se lof te besing.

Meghan-Trainor-twiet

Kyk na die video om te sien hoe dié groep Trainor se aandag getrek het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie de Beer ·

Rudi uitstekend! Ek hoop en vertrou dat hierdie puik inisiatief vir julle groot internasionale blootstelling en baie werk sal inbring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.