Sak, Sarel! Dié visserman spog met oudste van dié spesie

Jason Boyll en sy 50-jarige Warsaw-klipkabeljou (Foto: FWC Fish and Wildlife Research Institute/Facebook)

Niemand hoef vir dié visserman te sê hy oordryf nie: hy spog met die oudste van dié spesie klipkabeljou ooit.

Jason Boyll, ʼn amateur visserman van Siesta Key in Florida in die VSA, het in Desember ʼn Warsaw-klipkabeljou van 160 kg gevang.

Die Florida Fish and Wildlife Conservation Commission (FWC) het Vrydag in ʼn plasing bevestig dit is die oudste van dié spesie wat ooit aangeteken is. Die vis is na raming 50 jaar oud.

“Dit is die oudste vis wat nog ooit vir ons verouderingsprogram gevang is,” het die FWC se navorsingsinstituut gesê. Bioloë het die klipkabeljou se ouderdom bepaal deur sy otoliete, ook bekend as oorsteentjies, te ondersoek. Otoliete is kalsiumkarbonaatkorrels wat in die binneoor van gewerweldes aangetref word en wetenskaplikes kan dit gebruik om die ouderdom van visse te bepaal.

Boyll het die vis op 29 Desember aan die weskus van Florida gevang op ʼn diepte van 182 meter, aldus die FWC. Warsaw-klipkabeljoue kan tot 260 kg weeg.

Die FWC het bygevoeg hy moedig nie aan dat Warsaw-klipkabeljoue geteiken word nie, aangesien die status van die bevolking bekend is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

RHG ·

Vreeslik trots om sy lewe te neem. Neem ‘n foto en laat die vis vry.

ZM ·

Wie se hy het die vis se lewe geneem? Is daar dalk nie ‘n moontlikheid dat die vis gevrek het voor hy hom kon uithaal nie?

Hans ·

Ag nee wat lyk eerder na n “fake” niks is in balans met die vis se groote nie.

Waarheid ·

Skande. Arme vis. Was dit nou nodig om die oudste van die vis dood te maak. Die mensdom darem!! Dan wil ons vinger wys na mede burgers wat stupid goed doen….

Judge Dredd ·

Hoe sou hy vooraf weet dit is die oudste van die soort vis?

Hester Hockly ·

Dit is so jammerte dat die vis uitgebring is. Hulle moes hom eerder “getag & released” het .

Annelize ·

Jip, ek stem saam, tag & release. Die mens is die aarde se grootste vyand.

Daan ·

Skande dat julle ouens vis en skyfies eet en blikkiesvis! Die arme visse het nog nie eers behoorlik gelewe nie.Daai vis het darem ‘n vol lewe gehad.

Loeloe ·

Gooi die vis terug, hy moet vir sy kleinkinders gaan sorg! In die Bybel het mense vis geeet en Jesus het selfs die visse vermeeder! Hoekom mag ons nie vis eet nie? Gesonder as vleis.

dries ·

Lyk vir my na ‘n ‘grouper’, ook brindle bass by ons genoem.. Maar warsaw klipkabeljou?
die probleem is dat wanneer so ‘n groot vis uit werklike diep water kom, vrek dit baie maklik.
groete!

Devil ·

Om so ou dier dood te maak en dan daaroor te spog? Hoe pateties!

Fishy ·

Dis jammer. Dit is aanvaarbaar om ‘n vissie te vang vir die pot as jy honger is. Die ou kan beslis nie so honger wees nie. Ek verstaan nie die trotse houding van mense wat diere op land of see vang vir ‘n prestasie en gelukwense nie. Dit doen blykbaar iets vir die ego?

Kallie Kraamkettie ·

Nou wat as die vis gevrek het voordat hy hom uit die water gehaal het? Is dit dan nog so groot skande om hom uit te haal en kant toe te bring, of los jy die dooie vis in die water?

Dries ·

Op daardie diepte weet jy nie wat jy haak nie. Met die opkatrol na die oppervlak vrek die vis . Niemand het die vis dus “dood gemaak” nie,hy het self gevrek agv die skielike drukvermindering.

Siener ·

@Amelia, vertel ons hoekom nie? Visvang is ‘n Internationale sport en jy wil besluit of mense dit mag of nie mag doen nie.

Griet Verdriet ·

Ek gaan die naweek gaan jag – ek het vleis nodig.. Hoop net nie ek skiet ‘n ou Kudu bul nie, netnou word ek uitmekaar getrek deur die “green brigade”.

ursula ·

Amelia, rerig . Dis visvang, hengel soos jag. Seker hy het nie geweet wat die aas vat onder op die bodem. Sou sê as hy gelewe het gooi teug, maar soos hier bo verduidelik was hy moontlik reeds dood , ons sal nie weet nie.

Karlahari ·

Ai hoe lus ek nou n pakkie vis en chips….

Die boere moet net seblief nie hulle oudste beeste slag nie. Behalwe dat doe vleis gaan taai wees gaan die maroela leser polisie julle aanvat oor hulle nie n natuurlike dood kon sterf nie….

SAS ·

Gulukkig kom ek EN my vrou van die platteland af.Ons is altwee baie lief vir die jagveld en die viswaters .Ons waardeer en respekteer en GEBRUIK dit wat in die BYBEL aan ons toevertrou is. Daar is niks fout om dit te gebruik wat beskikbaar is nie……punt. Daar is min dinge wat so lekker is as n dakvleisie of n stukkie vars vis.

JZ ·

Kan iemand my se wat n dakvleisie is ?.eerste keer dat ek van dit hoor.

SAS ·

n Dakvleisie en n stukkie vars vis bly maar lekker………..is daar iemand wat wil stry daaroor ?

Julius ·

Die foto is bietjie gekook. Hy is horisontal gerek om die vis breër te laat lyk en die man staan byna twee meter agter die vis om hom groter te laat lyk.

Henk Ackermann ·

As hy twee meter agter die vis staan is sy regter arm 2 meter lank volgens jou . Kan jy sien dat hy die vis se rugvin met sy vinger regop trek ?

Vonkprop ·

Ek sien nie die nut in visvang en jag nie. Gooi stokkie in water en wag ure. Trek vissie uit en begin proses van vooraf. Met jag gaan hulle gewapen en skiet ‘n weerlose dier. Geen mens kan trots voel op so iets nie. Ek sal beindruk wees as iemand in die see duik en ‘n vis met sy hande vang. Of iemand gaan sonder enige wapen en maak ‘n dier in die wild dood. Natuur teen natuur, nie natuur teen tegnologie nie. Daar niks indrukwekkend aan dit nie. En nog te spog oor dit is meer belaglik.

Alex ·

Daar is ‘n verskil tussen diere vir sports doodmaak en diere vir oorlewing dood te maak.

Henk Ackermann ·

@ Julius , as hy twee meter agter die vis staan is sy regter arm 2 meter lank volgens jou . Kan jy sien dat hy die vis se rugvin met sy vinger regop trek ?

Karien ·

Niks fout met vleis en vis eet nie. Bybel (God) keur dit goed en Jesus self het visse vir die mense gegee om te eet. Selfs kwatels (pluimvee) vir die Isrealiete. Daar is n gedeelte in die Bybel ook wat sê dat jy nie die moet oordeel wat wel vleis eet of die wat besluit om dit nie te eet nie, so eet wat jy like en los my uit as ek braai. Ek het al vegan (omdat ek wou en resepte wou probeer) geëet, het nie n pyn met dit, maar niks so lekker soos n braaivleisie of salmon op die kole nie, so ja, as ek lus is eet ek n vleislose dis, maar anders full on meat for me. My man sal wat gee om so “vissie” te kon hê aan n hoek.

Boer-in-die-Wind ·

Dalk nie aannames maak en dan emosionele uitlatings maak nie. Kyk eerder na die feite.

“Biologists from FWRI’s Age & Growth Lab estimated the age of this fish at 50 years old, making this the oldest sample collected for our aging program,” the FWC said. “Acquiring the otolith from this fish was extremely valuable as samples from larger and older fish are rare.”
“The Age and Growth Lab is responsible for the processing and aging of fish otoliths for the purpose of stock assessment.”

mk ·

Stem saam met baie hier. As mens nie hengel om te eet nie, maar om te “Brag”, dan neem jy fotos en gooi terug. Wat gaan jy nou met die dooie vis maak? Taxidermy??

Siener ·

Natuurlik word dooie vis geeet. Wat doen jy as jy dooie vleis by die slagter koop? Eet jy dit of gee jy dit terug vir die boer? ‘n Taxidermi sal mates vat en ‘n glasvesel model van die vis maak. Ek wens ek kan ook eendag so ‘n vis vang en eenslag opeet.

Se maar net ·

Almal wat so en so van di man prt wat di foto van di vis gelaat kook het!!!! julle is net jealous omdat julle ni in daai ou se skoene gestaan het ni hel man gee hom di eer en geluk ek dink sy hart het uit daai liggaam geklim van blydskap

Willie ·

Dieselfde met die jagters en hulle trofee… maak my siek!

Lou ·

Dink ook die foto laat die vis groter lyk as wat dit regtig is. Maar dit bly ‘n bielie.
Party ouens glo in “catch and release” en ander glo in “catch and fillet ”
Die mense wat so kla moet gaan kyk by Mosambiek se kus hoeveel Sjinese bote is daar besig om vis te vang op groot skaal. Hulle haal duisende tonne vis uit met nette en lang lyne. Dit is waar die regte probleme lê, nie ‘n vakansieganger wat ‘n paar visse vang van die kant af of van ‘n boot af nie.

Siener ·

Dis die waarheid en die greenies en klakouse doen niks daarom nie. Hoekom nie??? Dit word op ‘n gereelde basis gerapporteer aan die owerhede maar niks word daaraan gedoen nie. Miskien het die owerhede ook ‘n handjie wat wag soos wat met die Namibie se regering gedoen het.

Cobus ·

Mense, lees julle die kommentaar wat julle hier skryf? Cringe worthy.

Poppie ·

Aggenee.. as jy mooi kyk in die agterkant is daar ‘n klein vis in sy hand…. die foto is ge-dokter……

Jacques ·

Ai toggie!!!
Hoekom het hy nou nie eers die vissie gevra hoe oud hy is voordat hy hom uit die water gehaal het nie???
As hy geweet het dis die oudste kabeljou sou hy hom seker laat gaan het, en dan hoef soveel mense nie oor die ouderdom te gekla het nie.

Pieter ·

Mense eet vis, as jy vegan is, tough luck vir jou.
En die wat moun oor die vis, eet jy ‘n bul/koei/lam/hoender of dink jy ook die vleis groei op die rakke?
Niks maak ‘n vis spesiaal nie, maak nie saak hoe oud hy is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.