SA’ners kom nie mas op in tenkresies nie

Skermgreep uit die video

Die Suid-Afrikaanse span kon in 2018 nie die mas opkom tydens ‘n jaarlikse tenkresies in Rusland nie.

Die tenkresies word deur die Russiese weermag gereël en is soortgelyk aan die Kanadese Weermagtrofee en word beskou as die Olimpiese Spele van die weermagwêreld. Die ingewikkelde opleiding van tenkbemanning word getoets oor rowwe terrein met hul vermoë om akkuraat en vinnig te vuur terwyl toertjies uitgevoer word.

Deelnemers moet drie rondtes van tussen 6 km en 10 km in ʼn T-72-tenk aflê. In die eerste rondte word daar gevuur op teikens wat op afstande van 1 500 m, 1 700 m en 1 800 m geposisioneer is. In die tweede rondte moet daar op verskillende teikens, soortgelyk aan ʼn mortier (RPG)-span en ʼn infanterie-eenheid, op ʼn afstand van tussen 600 m – 700 m gevuur word met ʼn 7.62 mm-masjiengeweer. In die derde rondte moet die spanne op ʼn anti-tenk missiel (ATGM-eenheid) vuur op ʼn afstand van 1 200 m. Elke keer wat die span die teiken mis, moet hulle ʼn bykomende strafrondte van 500 m aflê.

Alle spanne neem aan die eerste rondte deel; 12 spanne neem aan die halfeind-aflos deel; en vier aflosspanne neem aan die laaste rondte deel.

Business Insider berig Suid-Afrika het in die laaste plek geëindig. Dit het die Suid-Afrikaners 57 minute lank geneem om die baan te voltooi. Zimbabwe het 54 minute en 27 sekondes geneem. Azerbaidjan, Suid-Afrika se groepwenner, het slegs 26 minute geneem. Venezuela het die rondte gewen binne 25 minute en 42 sekondes.

Die Weermagspele duur nog tot 11 Augustus voort met 28 verskillende sportsoorte. Altesaam 32 lande neem aan die kompetisie deel. Meeste van die geleenthede vind in Rusland plaas, maar daar is ook geleenthede in China, Kazakstan, Iran, Belarus en Armenië.

Lees meer:
Ministry of Defence of the Russian Federation
Army Games

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Tenk ·

Die spanne kan bly wees SA het nie hulle raak geskiet nie. Daarsy SANDF hou ons naam HOOG!!

Ellisras ·

Ons het slegter as Zimbabwe gevaar.
Zimbabwe.
Nie dat dit my verbaas nie.

Paul ·

Wawawa, so ‘n biedjie, ons wou nie ons beste tentoonstel nie, ons was bang die ander lande spioneer op ons.

Maar julle moet ons operasioneel sien!

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek kan julle n brief in brial gee dat die resultate heelwat anders sou wees indien die ou manne van die ou Weermag kans gegun sou word,

Eish ·

Amen.
Geen politieke aanstellings gewees nie en voorslag skree(op)leiding!
Natuurlik voor die velletjies so dun was soos vandag.

E.K. die eerste ·

Waarin kom SA nou EINTLIK die mas op? Hmmm…ek het vergeet: misdaad! Daarin is ons wêreldkampioene

Ou T-72 Ystervark van die Ou SA Weermag ·

LET WEL: Kompetisie was met T-72 tenks! En hul wapentuig is anders!
Waar kry ons mense die nodige opleiding en ervaring met die T-72 om aan ‘n T-72-kompetisie deel te neem? Selfs die ou manne van die Weermag het nie ervaring met die T-72 gehad nie (sover my beskeie kennis strek).
So, moet nie vodka met lalabier en gemmerbier vergelyk nie.

CG ·

Pantserskool het destyds ‘n T72 gehad. Weet nie of dit nog daar is en diensbaar is sodat die manne vooraf bietjie kon oefen nie.

Olifant II ·

@oom Ystervark, het jy vergeet van ‘the more you sweat in training the less you bleed in war’?

Andries ·

Wel het Zimbabwe opleiding in T-72 tank gekry.

Hier neem ander lande ook deel. US of A ook en hulle doen dit soos almal in die T-72 tanks en gebruik nie hul Abrams tank nie. Selfde met Brittanje neem deel en hul doen dit ook soos almal in die T-72 tank en nie in hul Challenger tank nie.

Dis nie die geval van dis die tank wat ons kniehalter nie….dis ‘n geval van nutteloosheid

CG ·

Vertalingsvoorstelle: ‘n RPG is nie ‘n mortier nie, maar ‘n vuurpylrigter; “anti-tenk missiel” is ‘n tenkafweermissiel. Die nuus in die berig is erg genoeg. Moet
dit asseblief nie nog erger maak met taal/vertaalgoggas nie!

Theresa ·

O genade – mens klim tog seker nie in so ‘n ysterperd sonder uitstekende opleiding en oefening nie! Ag nee. Het ons nog tenks hier??

tamboti ·

Jip, in SA is dit “bottoms up” – hoe vrotter hoe beter!

Bul ·

Heel laaste…..haha maar die SAW kan op die stadium nie ‘n fietresies wen nie. Wonder hoe sou 1500 van die nuwe SAW vreeslose vegters gevaar het teen die 10 000 kubane, Russe en FAPLA’s by die Lomba rivier in die 80’s…..

Snowball ·

Ek is bevrees, nie goed nie. Dalk sou hulle wen as hulle ‘n simulasie van “vuur en beweging” gedoen het. Wed jou hulle doen ‘n omkeer vinniger as enige iemand anders….

ChrisE ·

Ons moenie so negatief en neerhalend van ons oorlogsmasjienerie praat nie. Die ouens ken van die tenks met die krane aan. Hom sal hulle mee eerste kom. Of hoe sê ek nou. Cheers

Hendrik ·

Dit was seker “jetlag” gewees. Zim is darem meer oos van ons en nader aan Rusland.

CG ·

Hierdie berig het my platgeslaan! Ons pantsermanne het destyds die vyand so opgedreun met Elande en Ratels en aan die einde ook met tenks… en nou dit… Ek lees toe egter in een van die aanhangsels dat “strawwe” opgelê is indien “landmyne” tydens die resies getrap is. Nou voel ek sommer beter. Ons tenkmanne was maar nog altyd “goed” met myne trap (onthou die drie tenks wat ons by Cuito Cuanevale” verloor het?). Jammer, kon nie help om bietjie tong in die kies ‘n grappie te maak nie

Andre ·

Dankie ANC, nog `n puik prestasie en bewys van hoe SA agteruit gaan.

Barend ·

T-72 Ystervark, dieselfde argumente kan mens mos ook ten opsigte van die (meeste?) ander spanne aanvoer.

Richard ·

Nee, Barend. As jy op Business Insider se berig kyk watter ander lande deelgeneem het (dis nou as jy Sirilliese skrif kan lees) sal jy sien dat bykans al die lande wat deelgeneem het, tans T-72 tenks in hul weermagte gebruik. Die enigste uitsonderings is Sjina, Koeweit, Zimbabwe en Suid-Afrika.
Sjina het oor die jare eers Soviet-tenks gebruik, later hul eie byna-identiese kopieë van Soviet tenks, en tans die Tipe 96A wat baie soortgelyk aan die T-72 is. Hulle span het juis ook met ‘n Tipe 96A deelgeneem, en nie met die T-72 wat al die ander spanne gebruik het nie.
Koeweit gebruik in hul weermag die M-84AB tenk wat ‘n Joegoe-slawiese kopie van die T-72 is, so hulle is ook gewoond aan die T-72.
Zimbabwe gebruik van die T-72 se voorgangers, die T-54 en opgegradeerde T-55, so hulle is ook gewoond aan die T-72 se tipe uitleg en beheerstelsels binnekant.
Slegs Suid-Afrika se weermag, van al die deelnemers aan die kompetisie, het nog nooit enige Soviet-tenks of soortgelyke tenks in aktiewe diens gebruik nie. Die Suid-Afrikaners se deelname is dus omtrent soos asof jy ‘n renjaer wat nog net karre bestuur het, skielik in ‘n motorfietsresies inskryf waar al die ander deelnemers professioneel motorfiets ry.

Richard ·

Dit is nie juis verbasend dat Azerbaidjan en Venezuela gewen het nie – hul weermagte gebruik tot vandag toe nog die T-72 tenk operasioneel, terwyl Suid-Afrika die opgegradeerde “Olifant Mk1B”-weergawe van die Britse Centurion-tenk gebruik wat totaal anders is.
Zimbabwe gebruik ook die T-72 se voorganger, die T-55, so hulle is ook meer gewoond aan die uitleg van die Soviet-tenks se binnekant.
Die T-72 se bestuurder moet byvoorbeeld bykans permanent albei hande inspan om twee verskillende hefbome te beheer om die tenk mee te bestuur, en dan nog boonop met die hand die sewe-spoed handratstelsel verwissel. Die Olifant Mk1B het ‘n outomatiese ratkas en word met ‘n enkele stuurstang bestuur, nie met twee aparte hefbome, een vir elke hand, nie.
Die T-72 het ook slegs 3 bemanningslede en is baie beknop aan die binnekant, terwyl die Olifant 4 bemmaningslede het wat meer spasie het om in te werk.
Dit is dus glad nie verbasend dat die Suid-Afrikaanse tenkoperateurs nie so goed vaar met ‘n T-72 nie. Dis eintlik verbasend dat die Zimbabwiërs wat aan die soortgelyke T-55 gewoond is, net 3 minute vinniger was!

(Ook, ‘n RPG is nie ‘n mortier nie, dis twee geheel verskillende dinge. ‘n Rocket Propelled Grenade is in Afrikaans ‘n vuurpylgranaat en dit word met ‘n vuurpylrigter afgevuur.)

Johann M van Heerden ·

Ek ken nie tenks nie. Was net gewone skietpiettroep. Wonder net wie het ons gestuur om deel te neem. Is nie verbaas dat hulle swak gevaar het nie behalwe dat hulle waarskynlik nie die T72 ken nie. Ek is egter seker ons ou tenkmanne so beter gevaar het.

Penellope Jones ·

Ai, seker vergeet om te oefen, of nie geweet dat mens moet oefen nie, of nie daaraan gesteur nie, of kan eenvoudig nie.

ChrisE ·

Baie dankie Richard vir die nugtere en wel deurdagte kommentaar. Daar heers ongelukkig ‘n baie ernstige situasie in die land deesdae nl, negatiwiteit. Ek verstaan almal is moeg en klaerig en gatvol vir alles wat in die land verkeerd loop, maar wat doen ons om die situasie te verbeter. Ons blankes kla en kerm te gou. Ek en ‘n vriend van my gesels gisteraand oor die situasie in die land. Die grootste klaers is die wat met die witbrood onder die arm staan. Niemand moet vir my kom sê dit is sus of so nie. Het almal en alles beskuldig oor my situasie, totdat die harde werklikheid tot my deurgedring het, ek is nie wie ek is nie en niemand gaan vir my sorg nie. My wit vel gaan my nie red nie. Ek sien ‘n goeie toekoms vir die land. Die meederheid mense in die land het dieselfde aspirasies en verwagtinge. Daar is die wat hardnekkig aan die verlede wil klou. Daar is die radikale idiote wat wilde uitsprake maak. Kyk asseblief wyer. Moenie jouself teen retoriek blindstaar nie. In Spreuke sê dit, jy moenie sê die verlede is beter nie, jy weet nie wat die toekoms inhou nie. Wat doen ons as wittes om die situasie te beredder/verbeter? Gaan op jou knieë, dank die Vader vir wat jy het en vra Hom wat kan jy doen om hom te behaag en Sy guns te wen.

Juan ·

Ai, ai. ai! Hoe die Bybel selektief aangehaal word om my standpunt te regverdig, satan het dit ook met die Here probeer!

Snowball ·

Onderskei tussen negatiwiteit en realisme. Min Suid Afrikaners sal kies om in hierdie helhool van misdaad en korrupsie te bly as geleentheid en finansies hulle in staat sou stel om te gaan. Geloof maak mens nie blind en onnosel vir die realiteite om jou nie.

Ou T-72 Ystervark ·

Geagte ChrisE, hiermee my beskeie voorstel: publiseer artikels in Maroela Media en Netwerk24 en The Daily Maverick waarin jy jou gedagtes en suksesstories met die lesers deel. Neem leiding vir ‘n beter Suid-Afrika. Kom met voorstelle vir ‘n NASIE-VISIE. Inspireer die nasie met voorbeelde. Meeste mense wil net volgers wees. Groetnis en geniet die koffie, beskuit en nadenke oor hierdie kommentaar.

Buffel ·

So wat jy se ChrisE is dat ipv dat mense wat kognetief funksioneer raaksien hoe sekere instansies en sisteme wat nie te lank terug nie wereldklas was totaal verval het niks waarvan se nie en op hul kniee val en bid ? Dalk sommer ook hul koppe in die grond druk sodat die verval nie raakgesien word nie…. …..?? En wat dink jy gaan dit help ?

gys ·

As Suid-Afrika ‘n taxi-bemanning gestuur het, het ons ‘n ander storie gesels, mits natuurlik die tenk nie flikkerligte gehad het nie en ten minste ‘n toeter.

Johanna Botha ·

Hahahahaha dis so snaaks …kyk alles is op geeff !

George in Bloem ·

Kon hulle dan nie die beooreelaars ‘n paar Roebels in die hand stop vir ‘n paar ekstra punte alla New Souf Efrica style nie? Heng man,HEEL LAASTE? Eish!!

Yankee ·

Dankie tog Suid-Afrika is pelle met Zimbabwe!!! As hulle more die grens oorsteek om te kom vat, gaan SA nie eens kans staan om te hol nie.

Barries ·

Dalk as die kompetisie was, breek jou tenk, of verloor jou tenk, of rol jou tenk, het ons dalk ‘n kans gehad.

B ·

So hoekom het hulle dan ingeskryf?

(As mens eers sulke verskonings moet begin uitdink om patetiese prestasie te regverdig. Hulle het al verloor voor hulle uit SA weg is.)

A ·

@B seker nóg n vakansie op die tax payer se bill, wat dan anders?

Niel ·

Dit was nou interresant om tussen al die verskillende kommentare ook ‘n mooi verduideliking te kry hoe sake staan en die rede hoekom SA mag gesukkel het. Dit sal interresant wees om te weet hoe die res van die weermag-olimpiese spele vorder en dies meer.

Johan H. ·

ChrisE…soos iemand ook gemeld het. Wees bietjie realisties, Lees en kyk jy nie daaglikse media nie,?, Weet nie of ek dit moet se nie maar as daaie n “rape” kompetisie was het suid afrika baie beter gevaar!!! Weereens soos iemand anders hierbo gevra het , Gee ons idees, Wat kan ons doen?DAAR is niks maar niks nou positief in die land nie,,, Bewys my verkeerd, Ons is nou in die ergste tyd van Spanning, Haat en Misdaad as ooiet tevore,,, KYK OM JOU!!!Lyk my jy is van die soort wat die aanvaller vra,, Moet asb nie my oor die kop slaan met die spanner nie, dis reeds seer, Slaan asb hietdie kant… Maar ja ons kan nog net hoop ne!

James ·

Dis goeie nuus. Ek vir een, wil nie ‘n sterk ANC weermag sien nie..

JR ·

Kla Rusland en die ander land aan van Rassisme. Dis mos al wat julle kan doen as julle nie julle sin kry nie.

JoeV ·

Nou waar is ons Kubaanse manne? Hoekom nie hulle gestuur nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.