SA’ners lag oor nuwe dagga-wetgewing

Suid-Afrikaners het vinnig met allerhande grappies reageer op ʼn uitspraak vandeesweek in die konstitusionele hof dat ʼn persoon in die privaatheid van sy of haar huis dagga mag kweek, besit en gebruik.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het Dinsdag die parlement opdrag gegee om gedeeltes van die Wet op Dwelms en Dwelmhandel en die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe binne twee jaar te wysig.

Die regering het dit intussen benadruk dat die verkope van dagga steeds onwettig is in Suid-Afrika en burgers gewaarsku dat dwelmmisbruik gevaarlik en skadelik is vir gesondheid.

Grafika en teksgrappe is op verskeie sosialemedianetwerke gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

verkiesing ·

Stadig met die dagga produkte, jy wil darem onthou vir wie jy stem(en waar jy bly ect)

Sandy ·

Met dagga nou wettig en petrol so duur kan jy by die huis bly en nog steeds op ‘n trip gaan.

Genieve ·

En een van die dae in Tik ook wettig want hulle gaan se Tik hou jou heelnag wakker om die skelms dop te hou want dis hulle werk.

Cora Simpson ·

maroela julle is n doring! Waar op aarde het julle die foto van ZET gekry. Ek was Zet se mamma vir baie jare en het self nie so n pragtige foto nie. Zet sal se dis gagga. Dit was sy geaardheid.

Anita ·

Kom ons lag. Vergeet van negatief. Groen is great. Bokke kan ma groen.

Lynne ·

Dis nou een ding van ons ou volkie…..maak nie saak wat om ons gebeur nie….ons het ‘n fabulous sin vir humor! En dit, hou ons verseker staande!

Atta ·

Uiteindelik kan Suid Afrikaners nou almal saamstem vir ‘n nuwe volkskied: “The Green Green Grass of Home”…

Geronimo ·

Wie onthou nog hierdie?

Stoppie, wie’t vir jou gemaak,
Dat jy vanaand so lekker smaak?

Dit is die skollie booi wat op die railway werk,
Stoppies draai van sy railway geld.

En as die windjie so lekker draai,
Daar onder by die rokers draai.

Ou Daggagagga Vlakvark ·

Die parlementslede kan nou gaggakies, ek bedoel daggakies, in die private ruimte van hul parlementshuis. En die ANC-LPs ook in Luthuli-huis. Wonder wat gaan in Nkandla gebeur?
Suid-Afrikaners het nou ‘n nuwe gemenedeler vir humor: gaggakies, ek bedoel daggakies.
Ha-ha-ha van slagtand tot slagtand.

Jenny Thom ·

Ek dink ek moet ophou dagga grappelees. Eks skoon dronk. My foon het nou so hard geval twee van my contacts lê in die hospitaal…..
As jy sien die vryheidsfront plus het die hele kabinet oorgeneem, die springbokke is weer no 1 in die wêreld, petrol kos weer R1.20 ‘n liter, biltong word gratis by jou huis afgelewer, en die shad byt weer…. dan moet jy weet jou dagga wat jy rook is uitvoergehalte
Ek wens mense wil ophou met hierdie dagga jokes… my foon is so besig ek kry nie kans om my zol te draai nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.