Seldsame foto van prins George

William en Kate Middleton

William en Kate Middleton

Die foto volg onderaan die berig. Prins William en Kate het Saterdag ʼn seldsame gesinsfoto vrygestel van die paartjie met hul agt maande oue seun, prins George.

Die hertog van Cambridge en sy vrou en seun kyk uit ʼn oop venster van hul woonstel in Kensington-paleis in Londen.

Kate (32) hou George op haar knie en die klein prins se aandag is op die gesin se troeteldier, Lupo, gefokus. William (31) lyk soos ʼn gewone ontspanne pa in die foto.

George, wat derde in die ry staan om die troonopvolger te wees, het nog net twee keer in die openbaar verskyn, die eerste keer toe hy van die hospitaal huis toe geneem is en toe tydens sy doop in Oktober.

Jason Bell, bekende portretfotograaf, het die foto ʼn paar weke gelede geneem en die foto word vrygestel voor die gesin se toer na Australië en Nieu-Seeland op 7 April.

George is op 22 Julie 2013 gebore.

Die familiefoto van Jason Bell wat vrygestel is

Die familiefoto van Jason Bell wat vrygestel is

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Slim Daan ·

Seldsaam? SELDSAAM ???? ( Verwysend na die bokbek pa of die sooooooooooooo inskiklike mammie ? )

Shannon ·

Dis al te vraai Suné. Weet jy ons moet eintlik `n afsonderlike URL hê vir al ons bewonderaars wat die Adelstand op Twutter volg. Ek kan ook nie genoeg kry van die familie nie. Ek lees nou die dag dat die koninklike “goue draad” wat nou al vir etlike eeue strek heel waarskynlik so verdag is dat die eintlike ware koning vasgetrek was iewers diep in die Australiese ‘interior’ waar hy nou al vir dekades lank saam met sy inboorling vrou (Fanny) en sy hond (by name ‘Dog’) `n pub keeper is vir die omliggende streek se dole bludgers en ander voort vlugtiges. Sy naam is ‘Kyle’. Koning Kyle van Kangaroo Gully.

Hy het reeds `n brief gerig aan sy ver af antie – Liz haar self (jy weet, die een met die kukkerige hoede wat lyk soos toilet poppe se rokke) waarin hy vir ` toelae vra – aanvullend vir sy ‘New Start Allowance’ wat hy nou al vir die afgelope 52 jaar ontvang van haar majesteit se gemenebes regering in die kolonies. Hy kan blykbaar bewys dat hy geneties nader verwant is aan die laaste vermoorde troon sitter as die kwien self. En dus, meen sy prokureur, is Kyle meer geregtig as Karel, Ed, onder prins Willem en tweede innie tou vir troon, Harry.
Eintlik `n skaamte dat die man so lank moet wag vir sy smeerseltjie sak geld as mens in ag neem dat Liz altesaam meer as 44 (engels) biljoen ponders werd is. Trouens, haar mandelikse official duties toekenning is oor die 30 miljoen POND. Haar royalties (m.a.w. fooie vir haar en Phillipus se glim lagies op vreeslik groot koffie bekers) beloop so 400 miljoen – ook in pond. En dan verloor sy nog `n verdere 60 miljoen se opbrengs uit `n trust tussen die sit banke se kussings. Sy is meer werd as Tesco. As jy `n geld drukker nou aanskakel en slegs Honderd pond note elke minuut druk (want Britte weet Euros is vir die Commoners) dan sal jy 3 jaar moet wag voordat jy die totale geldelike waarde van die koningin van Ingeland in `n vliegtuig hanger kan stoor.
Ja, en dan is daar hierdie ou kiekie. Dit het ook sy deel bygedra. Nie net geldelik nie, maar om al ons sampioene weereens te betower.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.